Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuut op die rak: ’n Vars baksel Finuala

Aanhangers van Finuala Dowling word vandeesmaand bederf met ’n nuwe roman én heruitgawes van haar vorige romans.

NB-uitgewers se druknaam Kwela is vanjaar ’n kwarteeu oud en vier dié mylpaal met ’n bemarkingsveldtog waarvan verskeie nuwe en vorige Kwela-titels deel is.

Een van die hoogtepunte in Oktober is die verskyning van Okay, Okay, Okay (R320), ’n nuwe roman uit die pen van die veelbekroonde digter en romansier Finuala Dowling. Nuwe uitgawes van haar romans What Poets Need (R280) en Homemaking for the Down-at-Heart (R280), verskyn ook vandeesmaand.

Homemaking for the Down-at-Heartis in 2012 met die M-Net-prys vir Engelse fiksie bekroon. In Augustus het Kwela ook Pretend You Don’t Know Me, ’n keur van poësie uit Dowling se vier vorige bundels met ’n spesiale afdeling met nuwe gedigte uitgegee.

In Okay, Okay, Okay ontmoet die klankoperateur Vida vir Simon Landor, hoof van effektiewe kommunikasie aan die Universiteit van Adamastor, maar Simon se kommunikasie laat veel te wense oor weens grootskaalse betogings deur die studente. Dan kom Vida in die prentjie, sy wat haar oor wegloopdiere én -mense ontferm . . .

Michiel Heyns prys dit op die voorblad soos volg: “Alive with wit and intelligence and beautifully written, this novel will keep people talking and arguing for a long time.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.