Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuut op die rak: Plaaslike stemme

Drie nuwe plaaslike Engelse romans wys vir elke diertjie wag daar op die winkelrak ’n eiesoortige plesiertjie.

Die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog op 11 Oktober 120 jaar gelede het 7 000 dapper Zoeloe-trekarbeiders gedwing om ná die sluiting van die myne die 500 km tussen die Johannesburgse goudvelde en Natal te voet af te lê. Hierdie staptog oor tien dae vorm die agtergrond vir die veelbekroonde joernalis-skrywer Fred Khumalo se nuwe historiese roman, The Longest March, waarin die leser ’n paartjie ontmoet wat reeds hul verlowing verbreek het en nou ook allerlei ander gevare en struikelblokke moet oorkom. Boonop vertrek Khumalo môre op ’n staptog in die mynwerkers se voetspore.

Uitgewer: Umuzi. Prys: R230.

Aanhangers van Sally Andrew se avontuurlustige tannie Maria-karakter wat reeds in die topverkopers Recipes for Love and Murder (2015) en The Satanic Mechanic (2016) die septer geswaai het, is in die wolke oor die verskyning van die langverwagte derde aflewering, Death on the Limpopo. Dié keer gaan draai tant Maria en haar vriende in die noorde van die land, waar enigiets van waternimfe en Harley-Davidsons tot moorde en Karookos hul pad kruis. Die reeks is reeds in 14 tale vertaal.

Uitgewer: Umuzi. Prys: R260.

Die Australiese skrywer Tony Park en sy vrou, Nicola, bring die helfte van die jaar in Suider-Afrika deur – iets wat neerslag vind in talle van sy boeke. In sy nuwe roman, Ghosts of the Past, kruis ’n storie uit 1906 van ’n Australiese avonturier in Afrika met dié van Nick Eatwell, ’n werklose joernalis in die hedendaagse Sydney, wie se grootoom in die Anglo-Boereoorlog geveg en later by die onafhanklikheidstryd van Suidwes-Afrika betrokke geraak het. En in Duitsland is die historikus Anja Berghoff besig met navorsing oor die woestynperde van Namibië. Nie lank nie, of Nick én Anja is op pad na Afrika . . .

Uitgewer: Pan Macmillan. Prys: R285.

Meer oor:  Fred Khumalo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.