Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuut op die rak: Schoeman-trilogie bekyk Britse setlaars

Byna drie jaar ná sy dood het Karel Schoeman se indrukwekkende trilogie oor die Britse setlaars pas by Protea Boekhuis verskyn.

Die reeds verbluffende versameling historiese werke uit die pen van wyle Karel Schoeman (1939-2017) het einde 2019 ’n trio indrukwekkende hardebandboeke van altesame 1 674 bladsye oor die Britse setlaars van 1820 ryker geword.

Bailie’s Party: The Old World, 1757-1819, Bailie’s Party: The New Land, 1820-1834 en Bailie’s Party: The Frontiers, 1834-1852 is gegrond op die uitvoerige navorsing van mev. M.D. Nash, ’n setlaarskenner, wat die boeke Bailie’s Party of 1820 Settlers: A Collective Experience in Emigration (1982) en The Settler Handbook: A New List of the 1820 Settlers (1987) geskryf het.

John Bailie was die leier van ’n groot geselskap Britse immigrante wat na Suid-Afrika gekom het as deel van ’n groter groep wat later as die 1820-Setlaars bekend sou word. Al het Bailie se geselskap gou uitmekaar gespat, het hy self intens betrokke geraak by die sake van die Oos-Kaap, die Transoranje in die vroeë fases van die Europese vestiging en die Natal-kolonie.

Die eerste boek bekyk Bailie en lede van sy familie en geselskap se Europese agtergrond en probeer sin maak van die kulturele erfenis wat hulle na die suidpunt van Afrika saamgebring het. Die tweede boek fokus op hoe die avontuurlike setlaars by hul nuwe omgewing aangepas het en die laaste boek ondersoek die setlaars se bydrae tot die ontwikkeling van Suid-Afrika in die koloniale tyd.

Uitgewer: Protea Boekhuis. Prys: R550 elk of R1 500 vir die stel.

Meer oor:  Karel Schoeman  |  Geskiedenis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.