Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuut op die rak: Smorgasbord vir die siel

Drie nuwe geestelike boeke bevat peuselgoed vir die gees.

Talle intelligente, toegewyde gelowiges beskou evolusie steeds as ’n ateïstiese dogma wat die kern van hul geloof bedreig. Met 70 vrae oor evolusie deur Christene wil dr. Albert Alberts, ’n mediese spesialis, toegewyde Christene laat besef hulle kan “die wetenskap van evolusie ten volle aanvaar en steeds in verwondering die hande ophef en Hom prys en eer vir sy krag en majesteit”.

Alberts het oorlede dr. André Keyser, die paleontoloog wat in 1994 ’n feitlik volledige vroulike Paranthropus robustus-skedel in die omgewing van die Sterkfonteingrotte ontdek het, op verskeie van sy veldekspedisies vergesel en oor die jare heelwat blootstelling aan die wetenskap-godsdiensdebat gehad, ook deur sy pa, dr. Louw Alberts, skrywer van die boek Geloof versus wetenskap.

Uitgewer: Naledi. Prys: R170.

Volgens die Johannesburgse NG predikant Rudi Swanepoel “vergeet die hedendaagse verbruikerskultuur die onsigbare, dit minag die ontasbare en maak ’n bespotting van die geringe”. In die 11 hoofstukke van Kom sit aan: Vind vreugde in die alledaagse deel hy 112 gedagtes, herinneringe, aansporings en bepeinsings oor kosmaak, tafeldek, gasvryheid, rituele en sinvol leef om te verduidelik hoe die bordjies verhang kan word deur Christelike spiritualiteit en die keuse om aandagtig en bewustelik te lewe. Hy beskou die tafel as “die verbindingsplek met jouself, die natuur, met ander mense en met God” waar jy vreugde, insig en betekenis in jou daaglikse eetgewoontes kan vind.

Uitgewer: Lux Verbi. Prys: R195.

Die bekroonde teoloog en skrywer Stephan Joubert daag met sy jongste boek, Kry styl – Jesus s’n, gelowige mans uit om anders te dink en doen. “Hoe ons kan uitreik sonder om mense af te skrik? Hoe kan ons mense van God se liefde en omgee oortuig? Ons uitdaging is om vars te dink oor hoe ons ons geloof uitleef. Maar denke alleen is nie genoeg nie. Inligting ook nie. Ons kort ’n nuwe styl – Jesus s’n,” verklaar die agterblad, en op die binneblaaie verduidelik hy hoe.

Uitgewer: Lux Verbi. Prys: R190.

Meer oor:  Stephan Joubert  |  Rudi Swanepoel  |  Evolusie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.