Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuut op die rak: Sport voor lank

Sportverslaafdes sal juig oor dié trio nuwe boeke.

Die avonturier, skrywer en leierskapkonsultant Adrian Hayes vertel in One Man’s Climb: A Journey of Trauma, Tragedy and Triumph on K2 die intens persoonlike verhaal van sy pogings in 2013 en 2014 om die berugte naashoogste berg ter wêreld uit te klim. Uiteindelik gaan die reis van Hayes, wat twee Guiness-wêreldrekords vir poolekspedisies agter sy naam kan skryf, oor veel meer as net ’n fisieke berg wat oorwin moet word – dit word ’n les in menslike ontwikkeling en ware spanwerk én ’n kompas om die berg in jou binneste te oorwin. Die voorwoord is deur sir Ranulph Fiennes. Uitgewer: Pen and Sword Publishers. Prys: R275.

In Rugby:An Anthology – The Brave, the Bruised and the Brilliant, saamgestel deur Brian Levison, bekyk verskeie legendariese rugbyspelers en die wêreld se voorste rugbyskrywers – van Frank Keating en P.G. Wodehouse tot Alec Waugh, A.A. Thomson en Mick Imlah – dié spel uit elke denkbare hoek. En ja, natuurlik duik Suid-Afrika en die Springbokke in talle van die staaltjies op. Van die onderwerpe wat bespreek word, is die oorsprong van die spel en rituele soos die haka, asook etlike vermaaklike anekdotes soos die vier Tibettaanse seuns wat deur die Dalai Lama rugbyskool toe gestuur is om die spel onder die knie te kry en “Red” Conway wat eerder sy vinger laat amputeer het as om ’n wedstryd teen Suid-Afrika mis te loop. Uitgewer: Little, Brown. Prys: R350.

Van die mees ikoniese, omstrede en onvergeetlike oomblikke in die sportwêreld word vermaaklik uitgepluis in Epic: In Search of the Soul of Sport and Why It Matters deur die sportskrywer en -kommentator Simon Barnes. Dit sluit in sewe Olimpiese Speles, vyf Wêreldbeker-rugbytoernooie, krieketwedstryde op vier vastelande en Barnes se ontmoeting met grotes soos Ayrton Senna, Alan Ball en Florence Griffith Joyner. Uitgewer: Simon & Schuster. Prys: R220.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.