Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuut op die rak: Volg die goudspoor

Die weeklikse besending nuwe boeke het ’n trio eiesoortige titels vir niefiksielesers opgelewer.

Terry Crawford-Browne se Eye on the Gold volg in die spore van Eye on the Money (2007) en Eye on the Diamonds (2012). Hierdie keer kry die leser (onder meer) ’n historiese oorsig oor die goudstormloop ter plaatse en die deurslaggewende rol wat Cecil John Rhodes, Joseph Robinson, John Hays Hammond, Brittanje, die Oppenheimers en Anglo-American in die toekoms van die land gespeel het. Suid-Afrikaanse goud het nie net die Britse Ryk en sy oorloë gefinansier nie – die plaaslike goudbedryf het ook geweldig voordeel getrek uit die apartheidstelsel. Maar nou is goud se gô uit – is kriptogeld straks “die nuwe goud”? Verspreider: Blue Weaver. Prys: R275.

In Changing a Leopard’s Spots: The Adventures of Two Wildlife Trackers deel die natuurspoorsnyers, motiveringsprekers en skrywers Alex van den Heever en Renias Mhlongo stories oor hulle gesamentlike avonture oor meer as 20 jaar – óf op die spoor van luiperds en leeus by Londolozi óf jaguars in Suid-Amerika óf grysbere in die VSA. En soos ’n mens kan verwag, gebeur daar iets met ’n vriendskap tussen mense wat soms saam in doodsgevaar verkeer en slegs op mekaar aangewese is. Die Australies-Suid-Afrikaanse skrywer Tony Park noem dit “vermaaklik en inspirerend, ’n veldgids vir die lewe”. Uitgewer: Pan Macmillan. Prys: R290.

“Ek wil ’n boek skryf, maar . . .” Die skryf-afrigters (en skrywers) Sarah Bullen en Kate Emmerson het al elke flou verskoning in die boek gehoor. Daarom is hulle boek Write Your Book in 100 Days: Stop Mucking About and Just Write Your Book ’n praktiese gids gemik op enigiemand wat woorde op papier wil sit op so ’n manier dat ander dit wil lees of hoor – en hier praat ons van volslae amateurs, storievertellers en sogenaamde influencers tot sakelui, sprekers en kenners wat hulle insigte verstaanbaar moet deel. As jy jou deel doen nadat jy die boek gelees het, belowe hulle jy sal binne 100 dae ’n eerste weergawe van jou storie kan voltooi.

En as jy sowaar deurgedruk het, en dis ’n roman van minstens 40 000 woorde, kan jy dit net sowel inskryf vir NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd wat oor 118 dae (op 1 Augustus 2020) sluit. Stuur ’n e-pos na romanwedstryd@nb.co.za of bel Sadé Walter by 021 406 3412 vir meer inligting of ’n inskrywingsvorm.

* Die boek is op Amazon en by uitgesoekte boekwinkels beskikbaar. Jy kan dit ook teen R340 (koerierkoste ingesluit) bestel by www.thewritingroom.co.za.

Uitgewer: Quickshift Publishing. Prys: R340.

Wenner
Baie geluk aan Johanna Lind van Hartenbos wat die Protea Boekhuis-geskenkpak met Karel Schoeman se Bailie’s Party-trilogie gewen het. Dit sal versend word wanneer koerierdienste volledig herstel het.

Meer oor:  Alex Van Den Heever
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.