Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuut op die rak: Vreemder as fiksie

Hier is ’n vars besending feiteboeke.

Daisy de Melker, Marlene Lehnberg, Charmaine Phillips, Joey Haarhoff, Dina Rodrigues, Najwa Petersen, Celiwe Mbokazi, Chané van Heerden en Phoenix Racing Cloud Theron . . . In Blood on Her Hands: South Africa’s Most Notorious Female Killers ondersoek die joernalis Tanya Farber die lewe en verbasend uiteenlopende beweegredes van Suid-Afrika se berugste moordenaresse. ’n Mens bly vasgenael, en in die slothoofstuk deel die skrywer insigte wat die dade van dié nege vroue verhelder. Uitgewer: Jonathan Ball. Prys: R250.

Die biografiese werk In my vel: ’n Reis het ontstaan uit die ongemak wat Azille Coetzee oor haar herkoms ervaar het tydens haar studiejare in Amsterdam. Volgens die flapteks verken sy in dié “leesbare, dikwels skreeusnaakse liefdesverhaal, sowel ’n vlymskerp bepeinsing van wat dit beteken om wit en Afrikaans te wees” as allerlei aktuele vrae oor Suid-Afrikanerskap. Dr. Francois Smith loof dit as ’n “lieflike, noodsaaklike boek”. Hou die boekeblad dop vir ’n resensie. Uitgewer: Tafelberg. Prys: R275.

Danksy die streke van onder andere Donald Trump en Boris Johnson hoor ’n mens byna daagliks die klaaglied dat die demokrasie wêreldwyd deur populisme bedreig word. Maar is populisme werklik die oorsaak van die krisis, of moet ons dit beskou as iets wat nodig is om te vernuwe? Populism: A Beginner’s Guide deur prof. Simon Tormey van die Universiteit van Sydney word beskryf as noodsaaklike leesstof vir enigeen wat een van die belangrikste politieke verskynsels van die 21ste eeu wil verstaan. Uitgewer: Oneworld Publications. Prys: R220.

In 1979 het ons al byna alles geweet wat ons vandag oor klimaatsverandering weet – ook hoe om dit te keer. Oor die volgende dekade het ’n handvol wetenskaplikes, politici en strateë hul loopbaan op die spel geplaas om die wêreld te probeer oortuig om in te gryp voordat dit te laat is . . . Nathaniel Rich se Losing Earth: The Decade We Could Have Stopped Climate Change vertel hul storie en dié van die olie- en-brandstofbedryf se gekoördineerde veldtog om ’n nuwe internasionale beleid oor klimaatsverandering in die wiele te ry deur vals inligting, propaganda en politieke inmenging. Uitgewer: Picador. Prys: R385.

Meer oor:  Azille Coetzee
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.