Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
NUUT OP NW24: Opwindende nuus oor luisterboeke
Netwerk24 Luisterboeke

Netwerk24 en NB Uitgewers is opgewonde om Afrikaanse luisterboeke op Netwerk24 bekend te stel.

Netwerk24 is reeds dié plek om nuus in Afrikaans te kry, maar nou kan intekenare boonop elke maand daarna uitsien om twee Afrikaanse luisterboeke te geniet!

Ons eerste twee boeke is op Vrydag 28 Junie op Netwerk24 beskikbaar.

"Netwerk24 is meer as ’n nuusdiens; dis ’n Afrikaanse bestemming waar ons in ’n verskeidenheid behoeftes van ons gebruikers voorsien," verduidelik Henriëtte Loubser, redakteur van Netwerk24.

"Ons sien uit na hierdie nuwe inhoudstroom wat waardevol en nuttig vir mense kan wees en waarmee ons boonop ook Afrikaanse literatuur gaan bevorder."

Hoe werk dit?

Vir die volgende jaar gaan Netwerk24-intekenare elke maand na twee Afrikaanse luisterboeke op Netwerk24 kan luister.

Die een luisterboek is vir volwassenes en die ander een vir kinders.

Jy kan op jou rekenaar of binne ons app na die luisterboeke luister.

Besoek komende Vrydag www.netwerk24.com/vermaak/boeke om na die luisterboeke te luister.

Hoe lank het jy om na die boeke te luister?

Die twee boeke is net vir ’n maand op Netwerk24 beskikbaar.

So moenie slaap nie! Begin sommer Vrydag dadelik na die boek luister. Die boeke is van 28 Junie tot 31 Julie op Netwerk24 beskikbaar.

As jy nie hierdie maand by die boeke uitkom nie, laai ons elke maand twee nuwe boeke op om na te luister.

Waarna kan jy in Julie luister?

Ons maak komende Vrydag twee luisterboeke op Netwerk24 beskikbaar:

1. ‘Op pad: ’n Reisjoernaal deur Dana Snyman’

Op pad deur Dana Snyman.
Op pad deur Dana Snyman.

Dana Snyman se aweregse reisjoernaal vertel twee stories: In deel een is hy op pad saam met die TV-span van sy reeks op VIA, Op pad met Dana. Soos hulle die land deurkruis op soek na stories, beleef Dana nie net die lief en leed van die mense met wie hy gesels nie, maar ook ’n innerlike reis. Ná besoeke aan Orania, sy ouma-hulle se ou erf, Adriaan Vlok (met sy plastiekvoetwasskottel) en oudpres. Jacob Zuma se niggie, vind hy nuwe hoop – en kom hy uiteindelik met Blackie, die weggooihond van die N1, huis toe.

In deel twee beleef Dana die Rugbywêreldbeker saam met uiteenlopende rugbyliefhebbers. Hy kuier in kroeë, klubs, township-huisies; saam met oom Frik du Preez en saam met Joost. Hy ontvang ook ’n enigmatiese Valentyn-boodskap.

Op pad is Dana se eerlikste boek nog, soms skreiend so. Die boek vra lesers om saam met hom op ’n nuwe reis te gaan, weg van vooroordele en wantroue na ’n plek van genade en hoop.

Dana is ’n bekroonde en geliefde skrywer met ’n rits topverkopers agter sy naam.

Sy TV-­reeks, Op pad met Dana, is baie gewild. Die vierde reeks het in April vanjaar begin.

Hy het meer as 25 000 volgelinge op Facebook, waar hy van sy aweregse, ontroerende stories deel, dikwels met oorweldigende reaksie van lesers.

2. ‘Noko en die koel katte’ deur Fiona Moodie

Noko en die Koel Katte deur Fiona Moodie.
Noko en die Koel Katte deur Fiona Moodie.

Dié maand se luister-kinderboek is Noko en die koel katte deur Fiona Moodie, ’n verhaal oor verdraagsaamheid en hoe om na ander se menings te luister. Die dierekarakters en musiekinstrumente is eie aan Afrika. Die boek is perfek vir kinders van drie tot ses jaar oud!

Wenk!

Maak seker jou WiFi is aangeskakel terwyl jy na die boeke luister.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.