Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuwe bundel met kinderverse van Tienie Holloway uitgereik

Die bundels van Tienie Holloway, ontslape skrywer van kinderverse, is deesdae so dun gesaai dat Protea onlangs Die beste kinderverse van Tienie Holloway uitgereik het.

Dié bloemlesing is saamgestel deur Wendy Maartens, met illustrasies deur Alida Bothma.

‘Die beste kinderverse van Tienie Holloway’ is onlangs deur Protea uitgegee.

Holloway, wat in 1888 as Christina Maria Purchase gebore is, het ’n belangrike bydrae tot kinderverse gelewer toe min Afrikaanse leesstof vir kinders beskikbaar was.

Haar verse handel oor alledaagse dinge soos “padkos, pantoffels wat slof, touspring, ’n windpomp, waatlemoen, ’n toktokkie wat klop en appelkooskonfyt op ’n sny brood”.

Sy het aanvanklik bekende Engelse kleuterryme in Afrikaans vertaal.

Haar eie werk is later in die Volkstem onder die skuilnaam Madelief gepubliseer.

Die bundels Die Haasbekkies en ander versies (1938), Hasie Kalbassie (1945), Nuwe kleuterversies (1947), Doempie Domkop (1949), Martha-hulle (1951) en Nuwe kinderversies (1955) het uit haar pen verskyn.

Jan Kromhout het in 1971 van hierdie gedigte gebundel in Versies wat vonkel: ’n Keur uit die kinderverse van Tienie Holloway. Dit sluit in diereverse wat in Toevlugsoord van C.S. Stokes verskyn het.

Sy is in 1967 dood, waarna die Tienie Holloway-medalje deur haar man begin is en in 1970 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ingestel is. Dié prys beloon oorspronklike Afrikaanse kleuterlektuur, wat op kinders jonger as agt jaar gemik is.

Ook Holloway is postuum met dié medalje vereer vir twee bloemlesings uit haar werk wat Human & Rousseau uitgereik het: Rympies van Tienie Holloway (1977) en Versies van Tienie Holloway (1978).

Die beste kinderverse van Tienie Holloway kos R250.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.