Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuwe keur: Eybers soos goeie ‘lyfdokter’

Met die saamstel van Immigrant, ’n keur uit die poësie van die gevierde digter Elisabeth Eybers, het Ena Jansen weer besef Eybers was soos ’n goeie “lyfdokter”.

Elisabeth Eybers

“Dit is die woord waarmee Nederlanders na ’n algemene geneesheer verwys. En soos ’n lyfdokter aan alles aandag gee, gee Eybers in haar gedigte aan alles aandag. Sy het wyd gedig.”

Immigrant is onlangs deur Human & Rousseau uitgereik.

Dit sluit in bekende gedigte soos “Maria”, “Jong seun”, “Wespark”, “Immigrant”, “Voetjie vir voetjie” en “Digteres as huisvrou”.

Eybers, wat in 2007 op 92-jarige ouderdom dood is, het presies die helfte van haar lewe in Amsterdam, Nederland, gewoon.

“Twee derdes van haar oeuvre kom uit Nederland. Sy het beslis gedig oor haar werklikheid. En sy het steeds in Afrikaans gedig en tog ’n goeie aanhang in Nederland geniet. Sy het nuwe, vreemde uitdrukkings geskep wat dalk vir Suid-Afrikaners vreemd was, maar sy het die poëtiese kwaliteit van die taal verhoog. Aan die ander kant moes Nederlanders hulle na haar werklikheid en omgewing verplaas.”

Eybers het in 1991 die gesogte P.C. Hooft-prys gekry, wat as die grootste letterkundige prys in Nederland beskou word.

Sy het sewe bundels gepubliseer voordat sy in 1961 op 46 in Nederland gaan woon het.

“Immigrant” is die eerste gedig wat sy in Nederland geskryf het.

Ena Jansen by Elisabeth Eybers se graf op Eybers se verjaardag in 2017.

“Tog is Suid-Afrika so aanwesig in haar verwysingsveld,” sê Jansen. “Die verlede en jeug is daar. Daar is hierdie kontrapunte. Sy beweeg tussen twee pole.”

Sy skryf ook oor verliefdheid, die huwelik en moederskap. Sy het vier kinders gehad. Sy was getroud met Albert Wessels, stigter van Toyota Suid-Afrika, maar is geskei toe sy nog in Suid-Afrika gewoon het.

Later kom buitestanderskap in haar werk voor.

“Dit word al hoe meer die mense se posisie, dig sy. Sy het ook die grensgebied tussen lewe en dood afgetas.”

Jansen was goed bevriend met haar en het vantevore bloemlesings oor Eybers se werk saamgestel en die boek Afstand en verbintenis: Elisabeth Eybers in Amsterdam het uit haar doktorale tesis gespruit.

“Ek het haar ontmoet toe ek 23 was, toe ek ’n student in Nederland was. Toe sy in 2007 dood is, het die familie my onmiddellik gebel om saam met hulle by haar bed te sit.”

Immigrant kos R280.

Meer oor:  Poësie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.