Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuwe roman op RSG voorgelees

Draairivier, Engela Ovies se debuutroman, word van Maandag af op RSG voorgelees.

Dit is weeksdae om 19:20 te hoor. Die leser is Simoné Benjamin.

Ovies het verlede jaar aan die mentorskapprogram by die Jakes Gerwel-skrywersresidensie op Somerset-Oos in die Oos-Kaap deelgeneem.

‘Draairivier’ deur Engela Ovies

Draairivier, uitgegee deur Human & Rousseau, vertel die verhaal van Suzanna Jansen wat in 1955 saam met haar ouers en haar broer, Gert, in ’n riethuisie op ’n plaas naby Kakamas woon. Die plaas behoort aan Bertus van Zyl.

Dit is die Kersvakansie voor Suzanna, oftewel Sanna, se laaste skooljaar en haar klop vinniger elke keer wat sy die boerseun Johannes in een van die veekampe raakloop.

Inge is ’n gevangene in die Groothuis, waar Sanna se ma werk.

Sanna besluit om een middag aan haar deur te klop en besef nie dat ’n vriendskap met dié vreemdeling haar en Johannes se lewe gaan verander nie.

• Luister RSG op 100 tot 104 FM.

Engela Ovies
Meer oor:  Human & Rousseau  |  Nb-Uitgewers  |  Radio  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.