Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Nuwe virtuele boekklub begin vandag om 16:00

Literaal, ’n virtuele boekklub wat lesers in Suid-Afrika, Nederland en België verbind, word Donderdag vir die eerste keer aangebied.

Die aanbieders, Ena Stegmann en Shawna-Leze Meiring, praat om 16:00 in die eerste aflewering wat voortaan een keer per maand gratis aangebied word.

Literaal, ’n virtuele boekklub, begin Donderdag.
Ena Stegmann, bemarker by Lapa se skole-afdeling.

Belangstellendes van 15 jaar en ouer kan hieraan deelneem.

“Dit maak egter nie saak waar in die wêreld jy woon nie, jy kan inskakel,” sê Stegmann, bemarker by Lapa se skoolafdeling.

“Dit is vir mense van enige ouderdom, maar die vrae van jonger lesers kry voorkeur.”

Meiring, kinder- en jeuguitgewer by Lapa, sê hulle wil jonger mense betrek.

Shawna-Leze Meiring, kinder- en jeuguitgewer by Lapa.

“Ons eerste aflewering handel oor voorgeskrewe boeke. Ons betrek ook leerlinge in die Lae Lande. Suid-Afrika was nog altyd met hierdie lande verbind. Die opvatting bestaan dat voorgeskrewe boeke in die Lae Lande meer gewaagde materiaal bevat. Ons wil daaroor praat.”

Stegmann voeg by: “Die gesprek gaan verder oor die benadering tot seksualiteit of godsdiens in skole. Ons wil graag ’n groter leeskultuur bou.”

Sprekers word in elke byeenkoms genooi.

Dit is interaktief en enigiemand wat inskakel mag ’n mening lug of vrae vra.

Die bespreking oor voorgeskrewe boeke fokus veral op gr. 11- en 12-leerlinge, asook studente in hul eerste of tweede jaar op universiteit.

“Ons wil hoor wat leerlinge wil lees,” sê Meiring. “Hulle moet ons vertel. Daar is die opvatting dat hierdie boeke dikwels swaar of ontoepaslik is. Ook dat dit nie die werklikheid weerspieël waarin leerlinge hulle bevind nie.”

Meiring sê hulle wil ook aan aktualiteit aandag gee.

“Ons wil praat oor Black Lives Matter en indien dit in boeke verskyn en hoe dit skrywers se werk beïnvloed. Ons bespreek tienerfiksie wat onlangs by Lapa verskyn het. Ons beplan die res van die byeenkomste nog.”

Reeds meer as 60 mense het geregistreer om Donderdag se sessie by te woon.

• Klik hier om gratis te registreer en ’n uitnodiging na elke maand se byeenkoms te ontvang.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.