Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Obama se memoire in November hier

Deel een van oudpres. Barack Obama se memoire, A Promised Land, sal op 17 November die lig sien.

Obama (59) sê in ’n mediaverklaring dit sal ’n eerlike vertelling van sy presidentskap wees.

Hy sê die boek beskryf ook sy verhouding met sy vrou, Michelle. Hulle is al bykans 28 jaar getroud en het twee dogters, Sasha (19) en Malia (22).

“Ek probeer om aan lesers ’n idee te gee van die persoonlike reis waarop ek en Michelle in daardie tyd gegaan het, met al die ongelooflike hoogtepunte en laagtepunte.”

Hy vertel hoe hy sy kabinet saamgestel het, sy mening oor pres. Wladimir Poetin van Rusland en hoe hy instemming gegee het vir die operasie waarin Osama bin Laden doodgemaak is.

A Promised Land sal in 25 tale uitgegee word. Die Engelse weergawe sal 768 bladsye beslaan. People, USA Today

Meer oor:  Barack Obama  |  Boek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.