Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Om iets te weet van jou neem en eet

Niefiksie

Kom sit aan

Rudi Swanepoel

LUX VERBI, R195

Rudi Swanepoel se Kom sit aan is op die oog af ’n lekker ligte boekie “met 112 gedagtes, her­inneringe, aansporings en bepeinsings”.

Swanepoel se aanslag is, soos te wagte, Christelik – ons het immers hier met ’n dominee te doen.

Maar Kom sit aan is nie ’n selfhelpboek en soos seë van religieuse boeke al prekend en voorskriftelik nie. Daar is raad, ja, maar dit is eerder ’n besinning van hoe gelowiges kan inskakel binne die groter prentjie van die skepping.

En met “skepping” bedoel ek nie ’n abstrakte, veraf ding en die hemel wat uiteindelik op ons wag nie, nee. Swanepoel se benadering is prakties, “om ’n tafel te dek, om ’n brood te bak”.

Een van verskeie lekker idees in die boek is dié van om “aandagtig te eet”. Ja, jy het reg gehoor, die dominee praat gewoon oor die kos op die bord voor jou en jou verhouding daarmee.

“Dis weens dié onafwendbare feit – die feit van die dood – dat ek en jy aan die ontvangkant van lewensonderhoudende energie beland. Ons kan eet en leef omdat iets gesterf het,” skryf Swanepoel.

Dié bewustelike of aandagtige eet skep ’n houding van dankbaarheid, maar ook ’n bemoeienis en betragting oor en van die lewe wat opgeoffer is (daai tjoppie op die bord) sodat jy kan lewe.

Hoe dieper ek die boekie ingelees het, hoe meer het dié dominee se groen boodskap geresoneer: Ja, dit gaan oor die skepping, die verbond tussen God en mens, maar wat is ons plek en wat vang ons met die aarde aan?

Hy skryf: “Skuldbelydenis is dalk hier in orde: ’n opregte erkenning dat ons nie bewerk en bewaak het nie, dat ons die oeropdrag geminag het, dit selfs heeltemal verkeerd verstaan het.”

As ons anders oor die dood dink, sê die dominee, sal ons ook anders oor die lewe dink.

Jo Prins is ’n boekeredakteur en vryskutjoernalis van Johannesburg.

Meer oor:  Rudi Swanepoel  |  Resensies  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.