Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Om jou plek in die heelal te vind

Tienerfiksie (13+)

Z-A-K: Die blou planeet

Theresa van Baalen

LAPA, R185

In Z-A-K (Die Zenkion-Aarde-komplot): Die blou planeet maak die leser kennis met Mitch Wil­son, ’n tiener in gr. 9 wat met ’n knop op die maag wakker word, byna soos wanneer daar ’n groot eksamen op hom wag.

Maar hierdie keer het die slegte voorgevoel niks met skool uit te waai nie, besef hy toe ’n gedreun in die verte hom daardie oggend op pad skool toe laat opkyk en hy ’n vreemde, lensvormige wolk in die ooste gewaar.

Sy jare lange vriend Lionel Afrika help ook nie veel nie, want dié ou stoomroller boonop vir Mitch met al die slegte nuus wat hy op TV gesien het en hy beslis nié wil hoor nie.

Imke, weer, is ’n bewoner van Zenkion, een van meer as honderd planete in die heelal waarop daar lewe is. Haar pa is ’n Zen­kioniet en haar ma was ’n aardbewoner. Imke voel soos ’n frats, want hoewel sy ovaal pupille soos dié van haar pa het, het sy blonde hare soos haar ma, in teenstelling met die Zenkioniete se kaal kop.

Sommer gou bots haar en Mitch se wêrelde en die vonke spat behoorlik. Die leser maak kennis met gevorderde tegnologie en sterk, vinnige ruimtewesens.

In hierdie spannings- en aksiebelaaide verhaal is daar nie vervelige oomblikke nie. Tipiese tienerkwessies, soos onsekerheid oor die toekoms en bewuswording van daardie eerste verliefdheid, vertraag geensins die pas van die verhaal nie. Inteendeel, dit ondersteun die storielyn en boei die leser.

Die blou planeet is oorspronklik en nie bloot ’n herhaling van alles wat gewoonlik in ander wetenskapfiksieverhale voorkom nie. Van Baalen het op meesterlike wyse omskrywende nuwe woorde geskep vir dinge waarmee die leser vir die eerste keer kennis maak.

Die blou planeet verdien ’n ereplek as die eerste in ’n reeks tussen die skrapse getal titels van dié genre vir jong Afrikaanse lesers.

Moryn Hanzen is ’n vryskutresensent van Upington.

Meer oor:  Resensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.