Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Om regop te kom ná die lewe se bloedneus

Memoires

Net mooi fine

Lanie van Reenen

PENGUIN, R230

Lanie van Reenen, bekende ontwerper, gebruik teen alle rede in haar spaargeld om ’n kasteel in Frankryk te koop en, met die hulp van beleggers, in ’n boetiekhotel te omskep. ’n Internasionale geldkrisis veroorsaak die projek se ondergang. ’n Ongeluk laat haar gewese man in ’n koma. Sy moet haarself red en orde in die chaos vind.

In C’est la vie, Van Reenen se outobiografie wat in 2013 verskyn het, vertel sy van haar ervaringe. Dié boek was ’n blitsverkoper. Maar wat het daarná gebeur?

Om uit te vind, lees Net mooi fine. Want dit is wat jy doen nadat jou boek van die winkelrakke gevlieg het: Jy skryf ’n opvolg.

In Net mooi fine vertel Van Reenen van die ewige hotel in Aubusson. Die deurlopende tema is Van Reenen se herinneringe aan die kasteel en haar missie om dit in ’n hotel te omskep; en haar desperate pogings om die plek te verkoop sodat sy iets van haar aanvanklike belegging kan terugkry.

Een voornemende koper ná die ander blaas die aftog. Intussen doen die gebou skade op, van swamme in die houtvloer tot ’n dak wat lek. Haar vennote maak dinge nie makliker nie.

Van Reenen vertel ook van haar sessies op haar sielkundige se bank, die proses om haar eerste boek gepubliseer te kry, haar vriendskap met Merwede van der Merwe, haar egskeiding.

Dit sou maklik wees om Net mooi fine af te skryf as mosterd ná die maal, ’n boek wat slegs bestaansreg het as ’n soort naskrif ná C’est la vie. Maar dié memoire bring vervulling al sou jy nie die voorganger gelees het nie. Dis vermaaklik en onderhoudend, maar nooit selfverheerlikend nie. Die verteller stroop haarself tot op die been, kyk eerlik na haarself. Daar is humor, hartseer en berou. En lewenswaarheid: die waarde van vriendskap, van regop kom en orent bly nadat die lewe jou bloedneus geslaan het.

J.B. Roux is ’n vryskutresensent van Riebeek-Wes.

Meer oor:  Boeke  |  Resensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.