Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Renaldo Schwarp gee boek oor gaywees uit

Hy twyfel of ’n gay persoon ooit “op ’n plek sal wees waar alles net wonderlik is”, maar die OFM-omroeper Renaldo Schwarp wil met sy boek, Skeef, ’n einde aan vooropgestelde idees oor gaywees maak.

“Ek hou nie van die woord ‘normaliseer’ nie, maar dis eintlik wat moet gebeur. Gaywees moenie iets buite die norm wees nie. Mense uit die LGBTIQ-gemeenskap moet sigbaar hulself kan wees.”

Renaldo Schwarp

Tog het Schwarp “slapelose nagte” gehad toe hy aan die boek geskryf het.

Skeef: Wat jy van LGBTIQ-wees wil weet is onlangs deur Lapa uitgegee.

Dit volg op Schwarp se gelyknamige dokumentêr wat in 2019 die eerste keer op die Silwerskermfees in Kampsbaai vertoon is.

“Tog beskou ek die boek en die dokumentêr as twee losstaande projekte.”

‘Skeef: Wat jy van LGBTIQ-wees wil weet’ deur Renaldo Schwarp.

Met die boek, wat hy beslis in Afrikaans “en outentiek” wou skryf, gooi hy die net wyer.

“Ek het geweet ek kan nie doekies omdraai nie. En ek wou ook nie apologeties wees nie. Ek moes my verhaal volledig vertel en my ouers en grootword-omgewing betrek. My ma het ook ’n hoofstuk geskryf.”

Dit belig onderwerpe soos liefdesverhoudings, boelies, uit die kas kom, ouers, universiteit, skooldae, seksualiteit en geloof.

Schwarp gee ook praktiese raad.

“Ek dink my loopbaan het verbeter nadat ek myself aanvaar het.”

Hy was voorheen ’n omroeper by Jacaranda FM, het programme vir VIA vervaardig en aangebied en het by Netwerk24 en WeCan24 gewerk.

Terwyl hy sy eie verhaal vertel, gee bekende persoonlikhede soos die omroeper Rian van Heerden, die komediant Marc Lottering, die komponis Charl-Johan Lingenfelder, die akteur Marco Spaumer en die sanger-liedjieskrywer Joe Foster ook hul ervaring en perspektiewe van gaywees.

LEES OOK: 'Hoekom moet seksualiteit jou van band met God weerhou?'

“Met die boek was dit moontlik om meer mense as met die dokumentêr te bereik,” sê Schwarp, wat ook op ’n tyd ’n veldaanbieder op die kykNET & kie-joernaalprogram KLOP! was.

“Daar was onderhoude en opvolgonderhoude, maar daar is ook brokkies wat deur sommige van hierdie bekende persoonlikhede self geskryf is – soos Marco wat ’n brief aan sy jonger self geskryf het.”

Die dokumentêr is goed ontvang en in 2019 op die Palm Springs LGBTQI-rolprentfees vertoon.

Die gedagte vir die boek het einde 2019 by Schwarp posgevat en hy het anderhalf jaar daaraan geskryf.

“En dit word goed ontvang. Dis verfrissend,” sê hy.

Skeef kos R195.

Meer oor:  Lapa  |  Ofm  |  Renaldo Schwarp  |  Gaywees  |  Omroeper  |  Boeke  |  Uitgewer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.