Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Onheil op ’n eiland propvol geheime

Fiksie

Impossible Causes

Julie Mayhew

BLOOMSBURY, R315

Lark is ’n afgeleë eiland in die Noord-Atlantiese See, 1 500 myl (2 414 kilometer) weg van die naaste samelewing; slegs bereikbaar ses maande van die jaar.

Dié fiktiewe eiland het egter, soos sommige geïsoleerde gemeenskappe, ook geraamtes in die kas. Geheime word hier deeglik weggesteek in die voue van ’n fanaties-godsdienstige en oorweldigend patriargale samelewing.

Die preutse skoolonderwyseres Leah Cedars is die grootste voorstander en selfaangestelde rasieleier van die eiland se oënskynlik heilsame, beskermde en sondevrye lewenstyl. Wanneer ’n waarsêer voorspel dat sy ’n man gaan teëkom, is sy skepties dog naïef optimisties.

Die eiland se bevolking is kleiner as 300 en viriele, hubare mans is besonder yl gesaai.

Die eiland se bevolking is kleiner as 300 en viriele, hubare mans is besonder yl gesaai. Totdat Ben, die nuwe onderwyser by St. Rita, voet aan wal sit en alle voorbeeldigheid by die venster uitvlieg. Juffrou Cedars en die enigste vier tienermeisies op die eiland sak op hom toe soos ’n pandemie-histeriese supermarkkliënt op ’n toilet­papierrak.

Bo en behalwe heidense rituele, dansende tienermeisies met volmaan en Leah se seksuele ont­waking word iets sinisters deur die inwoners weggesteek. Boonop is daar twee nuwe aankomelinge vanaf die vasteland: ma Deborah Kendrick en haar 16-jarige dogter Viola.

Wanneer ’n lyk opduik, word Ben en die ander twee buitestanders voorspelbaar potensiële verdagtes. Maar Leah is nie verniet genoem na die Bybelse verleidster nie; die vier tienermeisies is nie noodwendig onskuldig nie en geen eilandbewoner kan die eerste klip gooi nie.

Hoewel dit ’n beproefde resep is, bied Impossible Causes steeds onderhoudende leesstof. Dis ’n knap gekonstrueerde storielyn vertel vanuit verskeie perspektiewe, vol intrige met ’n onheilspellende atmosfeer wat hopelik jou aandag vir ’n paar uur sal aftrek.

Sonja van der Westhuizen is ’n vryskutresensent van Stellenbosch.

Meer oor:  Resensies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.