Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Op sy kop – Jeanne in haar eie woorde

Die skrywer Jeanne Goosen wat gisteraand oorlede is was in lewe bekend vir haar filosofiese, komiese blik op die lewe en sy geite. Hier is ’n paar van haar sêdinge.

“My lewe is ’n boek: te pynlik om te lees, te boeiend om neer te sit.”

“Die lewe is buite beheer en so moet dit geleef word.”

“Mense word verrinneweer deur goeie bedoelings.”

“Ons betaal belasting, het lief en sterf. Dit is snaaks en tragies.”

“Ek skryf met my moer op my mou.”

“Om te skryf is soos om te droom terwyl jy wakker is. Dit is soos om te toor.”

“Die pen is ’n droewe muil wat die skrywer deur die seisoene trek.”

Jeanne Goosen

Sy het in ’n onderhoud met Danie Marais vir Die Burger gesê dat sy troos vind in haar klavier en haar geliefde Chopin en Liszt. “Dit en ‘Mammy Blue’. Ek het besluit as ek veras word, moet iemand ‘Mammy Blue’ sing. En as die rokie opgaan, ‘I’ve Got Rhythm’.”

“Feite steur hulle nie aan sielkunde nie.”

“Ek moet probeer om nuwe foute te maak.”

“Jy kan nie ’n held wees met R100 ’n maand vir groceries nie.”

“ ’n Jakkals is ’n wolf wat blomme stuur.”

“As julle trou, word julle een. Watter een?”

“Moenie steel nie, die regering hou nie van kompetisie nie.”

“Moet nooit ’n geskenk aanvaar wat eet nie.”

“Dood is oral. Hy is ’n party animal.”

* ’n Bundel van Goosen se sêgoed getiteld Los Gedagtes het in 2019 by die uitgewer Hemel & See Boeke verskyn. Dit is deur Petrovna Metelerkamp saamgestel.

Meer oor:  Jeanne Goosen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.