Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Otter se dapper reis ’n inspirasie

Die stigters van die Owl Rescue Centre in Hartbeespoortdam het saam ’n boek geskryf – nie oor ’n uil nie, maar ’n otter.

Die egpaar Danelle en Brendan Murray het albei ’n lang geskiedenis in natuurbewaring en omgewingsaktivisme.

Hul boek, Return to the Wild, is gisteraand in Johannesburg bekend gestel.

Lazarus, die Kaapse kloulose otter, is in aanhouding gebore. Danelle en Brendan Murray moes hom leer swem, jag en oorleef in die natuur. ’n Boek oor hul ervarings saam met Lazarus, Return to the Wild, is gister bekend gestel.

Danelle sê hulle is in 2019 deur ’n wildlewe-rehabilitasiesentrum in Rustenburg genader om ’n vierjarige Kaapse kloulose otter, Lazarus, te help vrylaat en te monitor ná sy vrylating.

Lazarus is in aanhouding gebore en het ’n vrees vir water gehad.

“Die unieke ervaring wat ons met die spesifieke otter gehad het, het ons diep geraak en ook baie geleer van die spesie,” sê Danelle oor die inspirasie vir die boek.

“Lazarus se vasberadenheid, dapperheid en vermoë om aan te pas het ons geïnspireer om sy verhaal met ander te deel.”

Die Murrays moes Lazarus leer swem, visvang en om op sy eie in die natuur te oorleef.

Die boek wat Danelle en Brendan Murray geskryf het.

Danelle sê hulle hoop om deur die boek die kennis wat hulle oor die Kaapse kloulose otter opgedoen het, aan Suid-Afrikaners oor te dra.

Hulle hoop ook dat die boek die beskerming en bewaring van alle otterspesies tot gevolg sal hê. Daar is 13 otterspesies in die wêreld en met die bevolkingstal wat oor die wêreld heen afneem, het die Wêreldbewaringsunie (IUCN) otters as kwesbaar gelys.

Hoewel dit die eerste boek is wat die Murrays saam geskryf het, is dit nie die eerste keer dat Danelle ’n boek neerpen nie. Haar biografie, My Dark Country, het in2019 verskyn.

Sy sê die ervaring met die skryf van die twee boeke was baie verskillend.

Die Murray-egpaar.

My Dark Country was moeilik om te skryf, maar dit was nodig. Dit gaan oor diep persoonlike en uitdagende ervarings. Die proses van skryf het my wel gehelp om te genees en om my rol in en doel van my werk met veral uile te verstaan.”

Return to the Wild is volgens haar aansienlik lighartiger en pret.

“Dis ’n eer en ’n voorreg om ons ervarings van en herinneringe aan Lazarus met die wêreld te deel.”

Return to the Wild kan deurdie Owl Rescue Centre se aanlyn winkel bestel word op owlrescuecentre.org.za.

Dit is reeds elektronies beskikbaar op Amazon en Kindle.



Danelle hoop om die boek ook spoedig op boekwinkels se rakke te kry.

Meer oor:  Boek  |  Otter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.