Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Paul Beatty kom Open Book-fees bywoon
Paul Beatty, 2016-wenner van die Man Booker-prys, kom na Kaapstad vir die Open Book-fees.

Baie topverkopers en veelbekroonde skrywers waaronder die 2016-wenner van die Man Booker-prys, Paul Beatty, is onder die sestien internasionale skrywers wat aan die sewende Open Book-fees in Kaapstad deelneem.

Die jaarlikse fees, wat in 2016 sowat 10 000 mense gelok het, word van 6 tot 10 September in verskeie lokale aangebied. Dit sluit in boekbekendstellings, paneelbesprekings, slypskole en voorlesings. Die fees het al twee keer op die London Book Fair se kortlys vir hul Excellence-pryse gepryk.

Die boekefees sluit ook die gewilde Comics Fest, #cocreatePoetica, uitreik- en kinderprogramme in. Die fees, wat nagenoeg 250 nommers aanbied, word in die Fugard-teater, die District Six Homecoming-sentrum en by The Book Lounge in Kaapstad aangebied.

Die organiseerders versoek feesgangers vanjaar vir die eerste keer om ’n bydrae tot hul Thundafund-veldtog te maak. Sodoende kan die fees sy onafhanklikheid behou en steeds groot name van die buiteland lok, sê Mervyn Slowman in ’n verklaring.

“Elkeen wat op groot feeste werk, verstaan die begrotingsprobleme. Open Book is nie ’n uitsondering nie. Terwyl ons steeds met sleutelborge werk, nooi ons die publiek om ons te ondersteun. Elke rand kan ’n verskil maak.”

Beatty is bekend om romans soos The Sellout waarmee hy die Man Booker in 2015 gewen het. Sy ander boeke sluit in Slumberland, Tuff en The White Boy Shuffle.

Benewens Beatty was die Franse skrywer Maylis de Kerangal se Mend the Livingin 2016 op die langlys vir die Man Booker International-prys, Petina Gappah van Zimbabwe wie se debuutroman An Elegy for Easterly die Guardian First Book-prys in 2009 gewen het. Die Amerikaanse skrywer Nathan Hill wie se debuutroman The Nix verlede jaar aangewys as een van die jaar se beste boeke deur onder meer The New York Times en The Washington Post, sal ook by die fees wees. Uit Brittanje kom onder meer Ali Land wie se boek Good Me Bad Me in meer as twintig tale vertaal is.

Ander skrywers sluit in Malin Persson Giolito, Zoe Whittall en Alex Wheatle.

Die finale program word vroeg in Augustus bekend gemaak.

Belangstellendes wat ’n bydrae tot die fees wil maak. kan die webtuiste www.thundafund.com/project/openbookfestival besoek.

Meer oor:  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.