Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
PEN: Dit sal ‘diefstal’ wees om kopiereg só te verander
J.M. Coetzee

Suid-Afrikaanse skrywers is die josie in oor nuwe kopieregwetgewing, wat nou na die Nasionale Vergadering (NV) verwys is vir goedkeuring, ondanks besware wat vooraf geopper is.

Die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg sal dit moontlik maak vir onderwys- en tersiêre instellings om boeke in hul leerplanne te gebruik sonder om die skrywers te vergoed.

Afrikaanse skrywers soos Breyten Breytenbach, Deon Meyer, Jacques Pauw en die Suid-Afrikaanse Nobelpryswenner vir literatuur, J.M. Coetzee, het teen die moontlike wet uitgevaar.

Die portefeuljekomitee vir handel en nywerheid het die wysigingswetsontwerp goedgekeur en die NV moet dit nou bekragtig.

Hulle beskou dit as “rampspoedig”, nie net vir die skrywers wat ’n lewe uit onderwysgerigte literatuur maak nie, maar ook vir die ontwikkeling van nuwe skrywers en die bevordering van ’n leeskultuur in die land.

PEN Afrikaans het in ’n mediaverklaring so ’n toegewing “diefstal” genoem, terwyl die internasionale skrywersorganisasie PEN Internasionaal ook sy afkeur uitgespreek het.

Die voorgestelde wetgewing voldoen ook nie aan internasionale kopieregregulasies nie én is strydig met van die bepalings in die Suid-Afrikaanse Grondwet, luidens die verklaring.

Deon Meyer

Skrywers en die uitgewersbedryf wat voorleggings gedoen het, is uiters ontevrede omdat hul besware nie in ag geneem is nie en dat die wetsontwerp reeds voorgelê gaan word vir bekragtiging.

Sou dit deurgevoer word, sal skrywers se enigste uitweg wees om die howe te nader om die gebruik van hul skryfwerk sonder vergoeding te keer.

Ander internasionale organisasies wat ook hul kommer uitgespreek het, is die International Publishers’ Association (IPA), International Authors’ Forum (IAF) en die International Federation of Reproduction Rights Organisations(IFRRO).

Mense wat die moontlike nuwe wetgewing wil teenstaan, kan ’n petisie hier teken.

Meer oor:  Deon Meyer  |  Skrywers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.