Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Penguin kry Afrikaanse voet in deur

Met ’n “aanbod wat nie geweier kon word nie” is Lapa-uitgewers, die uitgewer in Suid-Afrika wat die meeste Afrikaanse boeke verkoop, nou in Penguin Random House Suid-Afrika se kraal.

Steve Connolly, uitvoerende hoof van Penguin Random House Suid-Afrika, en Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV, het Woensdag die nuus bekend gemaak.

Penguin Random House Suid-Afrika is deel van Penguin Random House, die wêreld se grootste uitgewer.

Lapa, wat niefiksie en fiksie soos spanningsverhale en die Romanza-reeks uitgee, was voorheen ’n druknaam van die ATKV.

Izak de Vries, uitgewer by Lapa, sê al die skrywers wat by Lapa publiseer, is in kennis gestel voordat die nuus bekend gemaak is. Lapa behou steeds sy naam, hoewel dit nou deel van ’n ander stal is. 

“Lapa behou ook sy identiteit, leierskap, sakestrategie en personeel,” sê De Vries.

Lapa behou ook sy identiteit, leierskap, sakestrategie en personeel.

“Die verkryging stel Penguin Random House Suid-Afrika in staat om sy plaaslike markaandeel te verhoog, sy posisie te verstewig en die reikwydte en diversiteit van sy publikasielys en titels te versterk.

“Op lang termyn is dit baie positief vir almal. Penguin Ran­dom House wil graag sy Afrikaanse aanbod uitbrei en in ’n moeilike ekonomiese klimaat het Lapa geweldig gegroei.”

Lapa reik jaarliks 200 publikasies uit, en binne Penguin Ran­dom House sal Lapa na verwagting 350 publikasies per jaar uitgee.

Skrywers soos Jeanette Ferreria, Sophia Kapp, Chanette Paul, Fanie Viljoen en Irma Joubert se boeke het al by Lapa verskyn. 

De Vries sê Lapa se eie drukname, Romanza en Wenkbrou, gaan voort soos voorheen. 

Connolly het in ’n verklaring gesê Penguin Random House Suid-Afrika is baie opgewonde om saam met Lapa te werk.

“Hulle spog met puik publikasielyste, ’n uitstekende groeikoers en ’n sterk teenwoordigheid in die Afrikaanse markte vir fiksie en kinder- en jeugboeke,” lui die verklaring. 

“Hulle het ons lankal beïndruk met hul talent, professionaliteit en ambisie, en ek glo ons twee onderskeie ondernemings sal baie by mekaar leer.

“Lapa se bestuurspan is bekend vir sy indrukwekkende vermoë om te groei en ons is van plan om hulle te help om nog groter hoogtes te bereik.” 

Sylvia de Wet, uitvoerende hoof van Lapa, sê in dieselfde verklaring die transaksie hou “enorme belofte” vir Lapa en die skrywers in. 

“Deur dié internasionale kolos sal ons toegang tot waardevolle platforms en hulpbronne verkry terwyl ons Lapa se korporatiewe naam en identiteit as die grootste Afrikaanse uitgewer en markleier behou. Lapa se sakekern en redaksionele integriteit bly behoue, terwyl ons deel word van ’n handelsmerk wat wêreldwyd aansien geniet vir sy ongeëwenaarde kultuur, kommersiële sukses en steun aan skrywers.”

Deur dié internasionale kolos sal ons toegang tot waardevolle platforms en hulpbronne verkry terwyl ons Lapa se korporatiewe naam en identiteit as die grootste Afrikaanse uitgewer en markleier behou.

Penguin Random House Suid-Afrika is in 2016, 2017 en verlede jaar as uitgewer van die jaar aangewys en hul publikasies het die afgelope ses jaar agtereenvolgens die Sunday Times se fiksieprys gewen.

De Vries sê Penguin Random House het verskeie Engelstalige ondernemings wat die mark­leiers in die VSA, Brittanje, Kanada, Australië, Nieu-Seeland en Indië is. Penguin Random House gee ook boeke in Spaans uit deur Penguin Random House Grupo in Spanje, Mexiko, Argentinië, Uruguay, Colombië en Chili; in Duits deur Verlagsgruppe Ran­dom House in Duitsland; in Portugees deur Companhia da Letras in Brasilië; in Katalaans in Spanje en in Hindi in Indië.

Meer oor:  Penguin Random House
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.