Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Philip de Vos vereer vir bydrae tot kinderliteratuur

Die digter en fotograaf Philip de Vos weet nie eintlik waarom hy ’n eerbewys op die eerste Suid-Afrikaanse fees vir kinderliteratuur gekry het nie.

Philip de Vos Foto: Peter Theron

“Ek dink daar is baie ander mense wat ’n groter bydrae tot kinderliteratuur lewer, veral jong mense.”

Die fees is die afgelope naweek aanlyn aangebied.

De Vos (82), veral bekend as limeriekskrywer, probeer om so gereeld moontlik ’n vers te skryf.

“Ek weet nie, miskien is dit ’n skans teen depressie. Veral sedert die pandemie. Maar ek is nie depressief nie. Ek neem ook gereeld foto’s. Ek bly sover moontlik tuis, maar ek gaan stap elke dag met die hond, ’n dame genaamd Brinji.”

De Vos het glad nie op skool of universiteit skeppend geskryf nie.

Hy was 45 jaar oud toe sy eerste boek, O togga! ’n Gogga!, uitgereik is. Verskeie publikasies het uit sy pen verskyn.

De Vos werk dikwels saam met die illustreerder Piet Grobler.

“En nou werk ons weer saam. Dit sal ons 11de boek saam wees. Die titel is Tokkelossiebossie (en ander dol gedoentes). Dit sal volgende jaar deur Lapa uitgereik word. Ek het reeds van die sketse.”

Verdere werk in sy oeuvre sluit in die fotoboek Milieu, bestaande uit foto’s wat hy van bekende Suid-Afrikaanse mense geneem het, en Kop op ’n blok, ’n keur uit sy blog-inskrywings.

“Ek is nou oud en nie meer ’n kind nie, maar eintlik sal ek maar altyd een bly. Ek dink nie ek het ooit grootgeword nie.”

Meer oor:  Depressie  |  Lapa  |  Lapa-Uitgewers  |  Pandemie  |  Covid-19-Pandemie  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Inperking  |  Koronaviruspandemie  |  Covid-19  |  Covid  |  Boeke  |  Kinderboeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.