Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Pitkos vir ma’s wat op koue koffie leef

Rubrieke

Kouekoffie

Carla Lang

PROTEA, R225

“Ek haat koue koffie. Maar sedert my seun se geboorte in Januarie moes ek stomende koffie prysgee. En lees. En skryf. En . . . ek is konstant laat, al staan ek ’n uur vroeër op.”

Met meer as 15 000 aanhangers op Facebook het Carla Lang #kouekoffie as ’n handelsnaam gevestig en as jy wonder hoekom, kan jy net na haar nuutste plasing gaan kyk:

“Klink dit by julle huis ook of jy ’n bank beroof as jy die kinders in die bed sit?

“Lê plat! Hou julle monde! Niemand beweeg nie!”

Dit is asof sy my twee seuns in die bed probeer sit. En wanneer hulle bad, wonder die bure ook of iemand by ons huis inbreek.

Haar rubriekbundel met dieselfde titel bestaan uit 190 bladsye vol blog-inskrywings waarin sy haar lesers innooi om haar gesin – Manlief, Boeta en Pops; asook Hond en Kat – te ontmoet.

Lesers gaan in hul gesin baie stories herken. Plek-plek giggel ek so, Vroulief wil weet wat is haar naam. Carla Lang, en jy móét die boek lees.

Lesers gaan in hul gesin baie stories herken. Plek-plek giggel ek so, Vroulief wil weet wat is haar naam. Carla Lang, en jy móét die boek lees.

Die 44 stories word geskei deur kitsfeite genaamd Wat sê KoueKoffieMa’s? Terloops, het jy geweet 98% van vroue dink ’n man wat doek ruil is meer sexy as ’n man met ’n six-pack?

Wat haar boek meer intiem maak, is dat sy haar Facebook-aanhangers betrek deur van hul antwoorde te deel. En haar staccato skryfstyl pas perfek by haar mamma-het-nie-tyd-nie-leefwyse.

As jy een van daai zombie-mammas is wat op koue koffie leef en Tiffany Jenkins op YouTube volg net om uit die harde werklikheid van ouerskap te ontsnap, dan is #kouekoffie net vir jou saamgestel. En onthou: “Dis nie maklik om ’n ma te wees nie. Doen wat vir jóú werk.”

Ns. As jy ’n suksesvolle blog oorweeg en wonder hoe jy Babatjie se prettige oomblikke vir die nageslag kan bewaar, dan is hierdie boek jou handleiding.

Stefaans Coetzee is medeskrywer van Wit Wolf: Die Worcester-bomplanter se storie van bevryding.

Meer oor:  Carla Lang  |  Resensies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.