Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Poësie vir almal van 10 tot in die 80

Vandag is ek ’n windlawaai

Philip de Vos & Piet Grobler

PROTEA, R150

Kinderverse

Philip de Vos, digter, limeriekskrywer, rymvertaler en oud-operasanger, is bekend vir letterkundige werke wat ontstaan het vanweë sy liefde vir klassieke musiek.

In sy boeke word van die bekendste komponiste vir kinders en jong volwassenes toeganklik gemaak. In Trazom is Mozart bekendgestel, in Karnaval van die diere, Saint-Saëns en in Prente by ’n uitstalling, Moessorgski.

In sy nuutste bundel, Vandag is ek ’n windlawaai, maak die leser kennis met Robert Schumann se klavierwerk “Kinderszenen” (Kindertonele).

Schumann en sy vrou, Clara, die beroemdste pianis van haar tyd, het agt kinders gehad. Sy was glo moedeloos oor die soveelste swangerskap, waarop Robert opgemerk het: “Kinders is ’n seën waarvan ’n mens nooit genoeg kan kry nie.” Schumann, die romantikus, het met nostalgie gehunker na sy eie kinderdae – die paradys wat hy verloor het; waarskynlik as gevolg van bipolariteit.

In dié klaviersiklus het Schumann 13 momente in kindwees weergegee. Aan die hand van Piet Grobler se illustrasies beskryf De Vos hierdie 13 kinder­tonele in versvorm. Die Duitse titels is meestal direk in Afrikaans vertaal.

Die verse is speels en musikaal. Die openingsvers, “Van vreemde lande en mense”, herinner aan die raaisel, Ek kap ’n blok in hierdie land, sy spaanders spat in ander land.

De Vos is in dié bundel op sy beste. Dis poësie vir kinders (van 10 tot 12 jaar), maar ook vir diegene diep in die 80.

Grobler se illustrasies is vars en nuut; meer realisties vir die kinderoog, maar waarskynlik steeds sag op die oog van die kunskritikus.

In die slotvers, “Die digter praat”, tree De Vos subtiel in gesprek met Schumann, die depressiewe, maar ewige kind wat sy laaste jare in ’n inrigting vir geestelik versteurdes moes deurbring.

  • Cornelia de Kock is ’n vryskutresensent van Stellenbosch.
Meer oor:  Protea  |  Boekresensie  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.