Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Poolse skrywer weer op langlys vir boekprys
Olga Tokarczuk

Die Poolse skrywer Olga Tokarczuk, wat verlede jaar die Man Booker-prys met haar boek Flights gewen het, is vanjaar weer op die langlys wat deur vroue oorheers word.

Vanjaar kom haar boek Drive Your Plow over the Bones of the Dead in aanmerking.

Dit is deur Antonia Lloyd-Jones in Engels vertaal, maar Jennifer Crot het Flights se Engelse vertaling gedoen.

Skrywers en vertalers kry ewe veel vergoeding met die prysgeld van £50 000 (sowat R95 800) wat gelykop verdeel word.

Agt uit die 13 skrywers op die lys is vroue.

Die skrywer Sara Stridsberg is die eerste Sweedse skrywer wat dié lys haal. Haar roman The Faculty of Dreams kom in aanmerking.

Op vanjaar se langlys verskyn boeke deur skrywers van 12 verskillende lande en uit nege tale vertaal. Ook net twee boeke kom uit die stal van groot uitgewers.

Die historikus Bettany Hughes is die paneelvoorsitter terwyl die skrywer Maureen Freely, die filosoof prof. Angie Hobbs en die romanskrywers Elnathan John en Pankaj Mishra ook op die paneel dien.

Volgens Hughes het skrywers die afgelope jaar uit die argiewe, die persoonlike en die politiese geput.

“Daardie dryfkrag word weerspieël in ons lys, maar net so kom surrealistiese Chinese treinritte, absurde benaderings tot oorlog en selfdood en die traumas van gees en vlees ook voor. Ons is baie tevrede dat ons 13 boeke kan deel wat ons opvatting verryk oor wat fiksie kan vermag.”

Die kortlys van ses boeke word op 9 April bekendgemaak en die wenner sal op 21 Mei in Londen aangewys word.

Meer oor:  Olga Tokarczuk  |  Sara Stridsberg  |  Man Booker-Prys  |  Letterkunde-Prys  |  Skrywer  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.