Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Pragstuk gaan jou aan die hart ruk

Hap

Lesley Beake

TAFELBERG, R160

Jeugfiksie (14+)

Met die wenners en naaswenners van die 2017 Sanlam-prys vir jeuglektuur wat die laaste maande die een ná die ander uitgereik is, is daar skielik geen tekort aan plaaslike jeugverhale nie. Dit sluit Engels in: Lesley Beake se Hap het ’n goue prys gekry.

Beake het reeds 85 jeug- en kinderverhale geskryf, elke keer met Afrika as agtergrond. Haar boeke is telkens bekroon en/of vertaal.

In Hap woon die 16-jarige Lucy saam met haar ma in New York, maar haar ma vind Lucy “onhanteerbaar” en stuur haar na haar argeoloog-pa. Lucy se nuwe leefwêreld is presies die teenoorgestelde as dít wat sy in die wêreldstad moes agterlaat: Sy sluit haar aan by haar pa, wat opgrawings aan Suid-Afrika se Weskus doen. Sy moet in ’n tent woon, ’n kamplewe sonder luukses.

Sy en haar pa, Peter, sukkel om mekaar emosioneel te “vind”. Dit voel asof Peter se kollegas haar nie heeltemal vertrou nie: die aantreklike Jim; Ben, tot wie Lucy aangetrokke voel; en die beeldskone Cathy, wat ’n tent met Peter deel . . .

Hap is ’n pragstuk van ’n boek, subtiel en soms liries geskryf, met deernis en begrip vir ál die karakters.

Dan is daar Christine, wat die kamppligte behartig en wie se dogter, ook Lucy, jare gelede blykbaar onverklaarbaar verdwyn het.

Lucy luister musiek op haar oorfone, lees die een boek na die ander terwyl sy in haar siel probeer vrede maak met iets verskrikliks wat in New York met haar gebeur het . . . of dalk nié gebeur het nie?

Sy voel ’n “konneksie” met Hap, ’n vrou wat dié deel van die aarde duisende jare gelede saam met haar familie beswerf en swaarkry én vreugde geken het.

Die verhaal bereik ’n klimaks met ’n dramatiese ontdekking in ’n grot en desperate pogings om die vonds van ’n naderende storm te red.

Hap is ’n pragstuk van ’n boek, subtiel en soms liries geskryf, met deernis en begrip vir ál die karakters.

  • J.B. Roux is ’n vryskutresensent van Riebeek-Wes.
Meer oor:  Boekresensie  |  Resensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.