Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Profeet góói sy ‘nuggets’

Niefiksie

Leef lig

Jaco Strydom

LUX VERBI, R200

Voordat jy Leef lig lees, is dit belangrik om te weet wie is die man waaroor Neels Jackson op die agterblad skryf: “Jaco Strydom word al meer gesien as ’n profeet na wie se stem geluister moet word.”

Stephan Joubert sluit nie net by Jackson aan nie, hy gaan ’n bietjie verder wanneer hy sê Strydom praat nie net profetiese taal nie, maar “hy beliggaam dit ook in sy lewe en in die Echo-gemeenskap”.

Volgens Echo Youth se amptelike bladsy is Strydom die leier van Echo Jeugontwikkeling. Hy is nie net ’n gereelde blogger (Anderkant die doringdraad) nie, maar ook ’n rubriekskrywer vir verskeie publikasies en meer as 200 van sy artikels en rubrieke het die afgelope dekade in Beeld, Rapport, Finesse, Kerkbode, Maroela Media, Taalgenoot en Weg verskyn. Hy is ook die stem agter die podsending Moeilikheid is ons besigheid.

Anders as met sy eerste boek, Confessions oor kerkwees, reflekteer hy nie ’n rits stories wat reeds verskyn het nie, maar delf in sy leefwyse, wat aansluit by die Echo-motto: “Don’t tell them Jesus loves them till you’re ready to love them too.” Want vir Strydom gaan dit oor die definisie van liefde en volgens Jesus (en Bouwer Bosch) moet liefde wen! Strydom glo net soos Heidi Baker­ dat “love looks like something”.

Strydom gebruik vyf gewoontes van die vroeë kerk om jou geestelik uit te daag en teen die einde van die boek gaan jy óf met jouself wroeg óf jy gaan vir Strydom kwaad wees.

Dit is nie jou tipiese Christelike goedvoel-boek nie. Inteendeel, Strydom gebruik vyf gewoontes van die vroeë kerk om jou geestelik uit te daag en teen die einde van die boek gaan jy óf met jouself wroeg óf jy gaan vir Strydom kwaad wees omdat hy dit waag om jou gemaksone binne te dring.

Getrou aan ’n Bybelse profeet, steur Strydom hom nie aan populariteit nie. Hy vra reguit: “Ons almal stem saam dat die politici nie hulle werk doen nie, maar doen die kerk haar werk?” Maar hy voer nie ’n oorlog met die leser of die kerk nie, al voel ’n mens plek-plek ongemaklik. Hy nooi eerder die leser om saam met hom in Jesus se voetspore te loop en om nie net die goeie nuus te verkondig nie, maar om, net soos Jesus, die boodskap te word. Om die dinge te doen wat Hy gedoen het – om soos Hy te leef.

Strydom beskryf byvoorbeeld hoe die volgelinge van Jesus in Handelinge 2 en 4 met hul dade Jakobus se woorde beaam het.

Dan steek hy sy hand uit asof hy jou vra om die pad saam met hom te stap: “Hulle wys hoe dit lyk wanneer liefde wen . . . Jesus het dit gedoen. Die vroeë kerk het dit gedoen. Nou is dit ons beurt.”

Strydom skryf nie in jou tipiese dominee-stem nie, sy stem is soos ’n herder s’n – sag. Kom, volg my. Tog, slaan sy nuggets soms hard.

Stefaans Coetzee is medeskrywer van Wit Wolf: Die Worcester-bomplanter se storie van bevryding.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.