Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Afrikaanse pryswenner se debuutbundel in VSA uitgereik
Johann van der Walt
Johann van der Walt

Met sy debuutdigbundel wat volgende jaar in die VSA verskyn, het Johann van der Walt, wenner van die eerste Ingrid Jonker L’Art Poetique-poësiekompetisie vroeër vanjaar, nóg ’n buitelandse publikasie op sy kerfstok.

Twee van sy kortverhale is onlangs in twee Amerikaanse versamelbundels opgeneem.

Hy het boonop onlangs twee kinderboeke by verskillende Amerikaanse uitgewers die lig laat sien.

Frankie Learns to Fly is verlede jaar deur Pegasus Publishers uitgegee en vanjaar het Bhubesi by Austin Macauley Publishers verskyn.

“Dit is eintlik ironies,” sê Van der Walt, ’n videoredigeerder by eNuus, wat ook in Afrikaans skryf.

“Daar is ’n plaaslike uitgewer wat ook in ’n manuskrip belang stel, maar ek mag nog nie daaroor uitwei nie. Dit kan dalk die Amerikaanse digbundel voorspring.”

Van der Walt moes sy poësie-aanslag ten opsigte van publikasie in Amerika verander.

“Die Amerikaanse mark is moeilik omdat daar twee soorte poësie is. Die een deel is gemik op gebroke harte, wat meestal uit motiveringsboodskappe bestaan. Dit het wel ’n groter leserstal. Die ander poësie-afdeling handel oor ernstige onderwerpe – gedigte wat ’n impak maak. Dit stem ooreen met die gehalte van die Suid-Afrikaanse poësie.”

Van der Walt se bundel, This Road Doesn’t Lead Home, sal na verwagting in die eerste semester van 2020 by Red Mare Press verskyn.

Amerikaanse uitgewers van poësie ag die onderwerpe baie belangrik. Dit gaan eerder oor wat die digter sê as hoe die gedig geskryf is.

“Daar is ’n plaaslike uitgewer wat ook in ’n manuskrip belang stel, maar ek mag nog nie daaroor uitwei nie. Dit kan dalk die Amerikaanse digbundel voorspring.”

“Daar is gewoonlik jou kleiner uitgewers wat digters intrek. Ek moes eers ’n gedig inskryf. Een strofe oor eco-feminism. Hoe jy ’n vrou sien. Hulle het my gekontak en gesê hulle wil meer van my goed sien.”

Van der Walt se bundel handel veral oor die soeke na identiteit.

“Identiteit wat van jou weggeneem word. So ook die ervaring van ’n diaspora. Hoe ’n man ’n vrou sien. Ek het verskillende grade van verhoudings beskryf. Wat veronderstel is om in ’n huis te gebeur. Dit is ’n terugblik op spesifieke situasies wat ek al teëgekom het.”

Sy kortverhaal “Halloween” verskyn in die bundel Fear & Fables wat uit bangmaakstories bestaan.

Die ander kortverhaal verskyn in ’n bundel getiteld Time Wells: A Time Travel Anthology, wat onder meer oor reis handel.

In Suid-Afrika is van sy gedigte al onder meer in die tydskrif New Contrast gepubliseer.

“Die omslag van die digbundel word tans ontwerp. Ek is baie dankbaar, maar ek sal happy wees wanneer ek die boek kan vashou. Ek is nogal verlig, want die Amerikaanse mark is moeilik.

“Hulle hou van brutale en rou gedigte. Jy moet jou denkproses verander van hoe jy iets sal sê. Maar die mark vir gedigte in Amerika is groot.”

Meer oor:  Poësie  |  Kinderboeke  |  Boeke  |  Digters  |  Kortverhale
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.