Kinderfiksie (6-10)
Die boomhuis met 52 vloere
Andy Griffiths en Terry Denton
PROTEA, R195
Andy en Terry se immer groter wordende boomhuis het nou al 52 vloere!
En hul nuwe prettige byvoegings sluit in: ’n golfmasjien, ’n regte-egte slangetjies-en-leertjies-speletjie met regte slange en lere, en ’n hoëtegnologie-speuragentskap met die nuutste speurtegnologie wat baie handig te pas kom. Want hul uitgewer, mnr. Grootneus, het spoorloos verdwyn!
Die twee vriende vermoed dat die rebelse groente dalk iets met sy verdwyning te doen gehad het.
’n Lekker boek vir die lagspiere.