Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Regsgeleerde wen Jan H. Marais-prys
Prof. Jean Sonnekus Foto: Jan Potgieter

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het Dinsdag aangekondig dat die gesogte Jan H. Marais-prys vanjaar aan die Johannesburgse regsgeleerde prof. Jean Sonnekus toegeken sal word.

Die prys, wat prysgeld van R500 000 insluit, is in 2015 ingestel en word jaarliks toegeken aan ’n individu wat ’n “uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal” lewer.

Luidens ’n mediaverklaring het Sonnekus “oor die afgelope 45 jaar 18 boeke of hoofstukke in boeke en meer as 300 wetenskaplike artikels geskryf, vele daarvan internasionaal en grotendeels in Afrikaans”.

“Hy het hom deurgaans, ook as redakteur van die Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse reg, beywer vir Afrikaans as regstaal.”

Sonnekus het luidens die verklaring sy akademiese loopbaan in 1976 as senior lektor in privaatreg aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) begin. Hy was van 1996 tot 1999 voorsitter van die departement privaatreg, en het hom as ’n vooraanstaande internasionale kenner van die huweliksgoederereg en die sakereg gevestig. Hy het in 2016 uitgetree.

Sy prysgeld “as erkenning vir sy lewenstaak ten bate van akademiese Afrikaans” sal ná die staat van inperking op ’n geleentheid in Stellenbosch aan hom oorhandig word.

Die keurkomitee vir vanjaar se prys het bestaan uit proff. Andreas van Wyk (Stellenbosch), Albert Grundlingh (Stellenbosch), Christof Heyns (Pretoria en Genève), Debra Meyer (Johannesburg), Piet Steyn (Stellenbosch) en dr. Johan van Zyl (vroeër van Sanlam).

Vorige wenners van die prys sluit in proff. Fransjohan Pretorius (2019), Christo van Rensburg en Marinus Wiechers (albei in 2018), Jaap Steyn en Jan van der Watt (albei in 2017) en Hermann Giliomee (2016).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.