Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Resensente kan groot prysgeld wen
Bibi SlippersFoto: Adam Heyns

Met prysgeld van R50 000 op die spel word boekresensente genooi om in te skryf vir die kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee uitnemende Afrikaanse resensies van Afrikaanse boeke bekroon word.

Hiermee word erkenning gegee aan Afrikaanse resensente wat boeke en die leesgenot van boekliefhebbers bevorder deur die wêreld van Afrikaanse boeke vir die breë Suid-Afrikaanse publiek toeganklik te maak. Dit dien ook as aanmoediging om hoë standaarde in die Afrikaanse boekjoernalistiek te bereik en te handhaaf.

Resensente kan in twee kategorieë inskryf, naamlik uitnemende resensie: Afrikaanse fiksie (alle genres) en uitnemende resensie: Afrikaanse niefiksie (alle genres).

Die wenner in elke afdeling ontvang ’n kontantprys van R25 000.

2017 se pryse word toegeken vir resensies wat tussen 1 Januarie en 31 Desember 2016 in die drukmedia en hoofstroomaanlynmedia verskyn het. Transkripsies van radioresensies word ook aanvaar. ’n Resensent mag ’n maksimum van drie resensies per kategorie inskryf.

Net Afrikaanse resensies van Afrikaanse fiksie en Afrikaanse niefiksie kom in aanmerking.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Woensdag 28 Junie.

’n Paneel van drie keurders met Bibi Slippers as sameroeper sal die wenners aanwys.

Met die beoordeling van inskrywings sal die vernaamste kriteria wees dat resensies toeganklik is vir hul waarskynlike lesers en die leesplesier van Afrikaanse boeke bevorder. Daarbenewens sal die keurders op die uitkyk vir ’n paar vereistes wees:

* oorspronklike insigte oor boeke wat waarde toevoeg tot die Afrikaanse letterkunde;

* ’n relevante verwysingsraamwerk en konteks;

* ingeligte oordeel met goed gemotiveerde en opbouende kritiek;

* lesers lus maak om te lees;

* nie op sensasie en afbrekende kritiek fokus nie; en

* getuig van uitstekende en verfrissende skryfwerk.

Die keurders sal ruimtebeperkings in ag neem.

Elektroniese en papierinskrywings word aanvaar. Inskrywings van gepubliseerde resensies moet, waar van toepassing, vergesel wees van PDF-weergawe van die resensie soos dit oorspronklik verskyn het, tensy vooraf anders ooreengekom met die administrateur van die pryse.

Die volledige reëls, inskrywingsvorm en ander besonderhede is verkrygbaar by die administrateur, Anita van Zyl, by anita@vanzylpr.co.za. Skakel 021 422 3350 of 083 709 6677 vir meer inligting.

Meer oor:  Resensies  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.