Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Reynardt Hugo stel debuutboek, Soldaat, regstreeks op Netwerk24 bekend

“Kragtig, passievol en inspirerend… Reynardt Hugo se storie is eg en eerlik.” So beskryf akteur Hykie Berg sy Binnelanders-kollega Reynardt Hugo se debuutboek, Soldaat.

Hugo is landwyd bekend as dr. Tertius Jonker in die sepie Binnelanders. Hy was ook van 2011 tot 2019 lid van die suksesvolle Afrikaanse popgroep ADAM.

Tog, agter die glans van sangtoere, bewonderaars en toekennings, het ’n diep gewonde en verlore siel geskuil. Reynardt, nes soveel ander mans, het jare lank probeer om sy verwondheid met drank, dagga, vroue en pornografie reg te dokter. Sy oorlog was ’n soeke na betekenis en aanvaarding.

Reynardt Hugo stel sy debuutboek, Soldaat, Sondag 28 Februarie om 18:00 regstreeks op Netwerk24 bekend.

Soldaat vertel van ’n klein seuntjie en die verwarrende wêreld waarin hy grootgeword het. Hy praat eerlik en opreg oor die impak wat sy ouers se egskeiding op hom gehad het, en ook die invloed van drankmisbruik in hul huis. Hy vertel in rou eerlikheid hoe hy dit alles as jong seun ervaar het en daarvan moes sin maak. Hy praat openlik oor sy swakheid vir vroue en die gevolge van sy dade.

Vandag is Reynardt Hugo ’n suksesvolle jong man wat ’n groot impak maak. Die pad was lank en rof en hy moes vele uitdagings oorkom, maar vandag is sy lewe ’n ware getuienis van wat God kan doen met iemand wat op moedverloor se vlakte sit, en hoe God ’n storie van verwoesting in ’n storie van hoop kan verander.

Reynardt se verhaal is boeiend. Dit bevat al die elemente van tragedie, intrige, neerlaag en oorwinning, maar ook die heel belangrikste bestanddeel: die krag van die evangelie van Jesus Christus.

JY IS GENOOI!

Skakel Sondag 28 Februarie om 18:00 in op Netwerk24 se webtuiste om na die regstreekse bekendstelling van Soldaat te kyk. Hykie Berg sal met Reynardt oor sy verhaal gesels en Reynardt sal ’n splinternuwe lied opvoer.

Soldaat word deur Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers, uitgegee.


Meer oor:  Hykie Berg  |  Reynardt Hugo  |  Boekbekendstelling  |  Soldaat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.