Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Robertson se lang gedig ’n sirkusorrel van kuns

The Long Take

Robin Robertson

PICADOR, R330

Poësie

Uit die staanspoor: Dié boek is nie almal se ding nie. Dis ’n 220 bladsye lange gedig oor ’n oorlogsveteraan met ’n swak vir noir-rolprente. Dit speel af tussen 1946 en 1953. Dit verg aandag en ’n oop gemoed.

Maar as jy vir Robin Robertson tyd gee, rustig gaan sit met The Long Take en ’n koffie, of selfs ’n whiskey (noir, tog), gaan jy nié spyt wees nie. Jy kan dalk soos ek eindig: effe geobsedeer, aan ’t ou noir-flieks kyk elke tweede aand, die geskiedenis van pragtige geboue in Los Angeles opsoek op die internet, Charlie Parker luister op die agtergrond . . . Wees dus ook gewaarsku.

Ontmoet vir Walker. Net Walker. Sy volle naam bly ’n geheim. Hy kom ná die Tweede Wêreldoorlog in Amerika aan. Hy werk op die dokke. Hy onthou sy idilliese jeug in Nova Scotia, Kanada. Hy onthou ook die gruweldade van die oorlog. Hy ly aan bomskok. Hy word later ’n joernalis op die “city desk” wat ook skryf oor die lot van veterane en haweloses.

Walker doen sy naam gestand. Hy stap en bekyk die stede waarin hy leef – New York, San Francisco, maar veral Los Angeles. Ook, hy gaan na die bioskoop. Hy vrek oor Yvonne de Carlo in Criss Cross, Orson Welles in The Lady From Shanghai, Peggy Cummins in

Deadly Is the Female (later Gun Crazy herdoop).

Robertson is bekend as ’n liriese digter met ’n stewige hand. Maar met sy nuwe boek gebeur iets anders. Dis verhalende poësie met spronge hier en daar na ritmiese prosa, en dis ook ’n deeglike stuk geskiedskrywing. Dit stu voort met ’n mymerende, dreigende energie.

“There were parts of the city that were pure blocks of darkness, / where light would slip in like a blade to nick it, carve it open: / a thin stiletto, then a spill of white; the diagonal gash / of a shadow, shearing; the jagged angle sliding over itself / to close; the flick-knife of a watchman’s torch, the long gasp / of headlights from no­where”.

So beskryf Robertson ’n verligte swembad in die nag: “like the back of a kingfisher”! Walker kyk ook na sy kat, “decanting herself / in one pulse / from the window ledge to the floor.”

Maar Calliope is ook die naam van die Griekse muse vir epiese poësie.

Elke nou en dan skok hy jou met sulke pragtige reëls.

Die boek word as “onklassifiseerbaar” bemark. The Long Take is ook op die Bookerprys se langlys – ’n eer wat net romans te beurt val. Maar moenie geflous wees nie. Dié is poësie. Goeie poësie.

Die karnavalgronde is ’n gegewe in baie noir-films. Daar speel dikwels ’n sirkusorrel op die agtergrond. In een toneel in The Long Take stap Walker verby só ’n “calliope”. Maar Calliope is ook die naam van die Griekse muse vir epiese poësie. En ja, die muse was beslis met Robertson. Sy gedig vermeng die gewilde en die hoë kultuur. Dis ’n sirkusorrel van suiwer kuns.

* Koop die boek hier by takealot.

  • Loftus Marais is ’n digter en die inhoudsregisseur van kykNET Verslag in gesprek.
Meer oor:  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.