Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Rolene vertel oor haar eie worstelinge
Rolene Strauss, voormalige Mej. Wêreld en Mej. Suid-Afrika, Saterdag met haar boekbekendstelling in Bloemfontein. Foto: Cheréne Pienaar

Rolene Strauss, voormalige Mej. Wêreld en Mej. Suid-Afrika het Saterdag kort ná die Springbokke se Wêreldbekersege haar nuwe boek in Bloemfontein bekend gestel.

Strauss, ’n boorling van Bloemfontein, het haar boek Vanuit die Hart in die Mimosa Mall bekend gestel en prontuit oor haar worstelinge met selfbeeldprobleme en onsekerheid gepraat.

Sy het Suid-Afrika op “dié ongelooflike dag” gelukgewens met die Springbokke se oorwinning, asook almal wat ná afloop van die eindstryd haar boekbekendstelling kom bywoon het.

Strauss wou by die gehoor weet met watter kwessies hulle worstel, waarop die gehoor ’n uiteenlopende aantal sake geopper het wat wissel van selfdissipline, moederskap tot om as enkelouer kinders groot te maak.

Volgens Strauss het sy ook met faktore soos gebrekkige selfdissipline en selfvertroue geworstel. Veral tydens haar deelname aan Mej. Suid-Afrika.

Sy sê kan onthou toe sy 15 jaar oud was en op pad na Parys vir modelwerk toe ’n ouerige vrou ’n maatband neem om haar heupe te meet.

En sy sê: “95 cm, ons sal dit ten minste ná 90 cm moet kry, jonge dame.”

“En van daardie dag het iets in my verander. Van daardie dag het ek toegelaat dat die samelewing my meet.

“Hulle weergawe van die perfekte vrou, die perfekte jong meisie, ma, man en selfs die perfekte student. Laat jy toe dat die wêreld jou oordeel en aan jou vertel dat jy nie goed genoeg is nie?”

Strauss het in haar laerskooldae toegelaat dat die “perfekte meisie” haar krullerige hare, maer bene en haar vermoëns in wiskunde oordeel.

“En sy het gesê dis nie mooi nie.”

Selfs in die hoërskool is sy steeds veroordeel vir haar vermoë om vriende te maak en eendag medies te studeer, sê sy.

Strauss het ’n beroep op die gehoor gedoen om nie toe te laat dat die samelewing hulle oordeel nie.

Vanuit die hart bevat verskeie van Strauss se geheime tot haar sukses en die lesse wat sy geleer het as ’n skoonheidskoningin en ambassadeur vir Suid-Afrika.

Meer oor:  Rolene Strauss  |  Boek  |  Boekbekendstelling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.