Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Roman met kodes vir elkeen

The Enumerations

Máire Fisher

Fiksie

UMUZI, R280

Fisher se prosadebuut, Birds­eye, het my werklik beïndruk. Die skrywer het iets taamlik ongewoons vermag deurdat ’n intieme familiesaga ’n onverwagse mineurtoon in die vorm van ’n skokkende misdaadverhaal by die geheel gevoeg het.

Birdseye het veral raakgevat met die bemeestering van perspektief en om die stem van ’n adolessent-vroueprotagonis vas te vang soos die kamers van die hart een vir een besoek word.

Fisher het ook naam gemaak as ’n stilis wat ragfyn met kleur en detail omgaan.

Toe ek The Enumerations begin takel, was my verwagtinge dus taamlik hoog – hoe wonderlik om onomwonde te kan verklaar dat die tweede sprong meer gesofistikeerd, meer kompleks en bevredigender is!

Soos met Birdseye val die klem op karakter. Noah Groome is 17, skrander, sensitief, aantreklik en ingetoë. Noah het obsessief-kompulsiewe neurose (OCD).

Hoekom word Noah gejag deur sy OCD, deur “The Dark”? Sal hy ooit minder angsbevange kan leef? Hoe beïnvloed Noah se ervarings sy familie, soos sy suster-beskermer, Maddie, sy ma, Kate, wat haar bes doen om vir haar seun te sorg, en sy afsydige pa, Dominic?

Wat deurgaans opval is die aandag aan struktuur, uitstaande karakterisering, volgehoue medemenslikheid en ’n verteltegniek waarin elke hoofstuk in kort, visuele brokkies aangebied word.

Die nommer vyf word ’n tipe swaard en skild teen die kompleksiteit van ’n wêreld, buite en binne, wat elke oomblik dreig om vir Noah te verswelg soos die Groot Vloed. Alles het betekenis, hou geheime en kodes wat ontsyfer moet word. Soos Noag moet Noah luister na die stemme wat met hom praat en word hy die spilpunt van gebeure veel groter as net hyself.

Gepraat van Bybelse intertekstualiteit: die wyse waarop die skrywer die verhaal van Noah inkleur met verskeie gegewens en direkte verwysings na die Bybel maak op sy eie die lees van hierdie boek die moeite werd. Een gepaste voorbeeld is hoe Noah altyd vyf klippies saam met hom ronddra om te vryf wanneer hy angstig raak. Dan dink Noah aan Dawid en Goliat; die goeie wat die bose oorwin.

’n Insident by Noah se skool word ’n deur om op diepgaande wyse trauma en verlies oop te skryf. Gewis is daar ’n oorvloed tekste, fiksie en niefiksie, wat elk besin oor trauma, verganklikheid, psigiese verwonding en fisiese geweld. The Enumerations – die perfekte titel vir ’n roman wat vir elke leser ’n eie kode en boodskap sal bied en in vele opsigte ’n Groot Roman is – word onderskei deur spesifiek te fokus op die verskillende wyses waarop trauma verberg en verskans of behandel word.

Wat deurgaans opval is die aandag aan struktuur, uitstaande karakterisering, volgehoue medemenslikheid en ’n verteltegniek waarin elke hoofstuk in kort, visuele brokkies aangebied word.

  • Jonathan Amid is ’n vryskutresensent van Stellenbosch.
Meer oor:  Máire Fisher  |  Boekresensie  |  The Enumerations  |  Boeke  |  Fiksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.