Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Roman met lieflike beelde, kleurryke karakters

Die uil in die ysbos

Susan Coetzer

HUMAN & ROUSSEAU, R325

Dis interessant dat byna elke boek deesdae vergifnis as tema het. Vergifnis van self en van ander. Is skrywers besig om ’n tipe universele vergifnis los te skryf vir vergrype in die verlede?

Dis moeilik om vergifnis te definieer omdat dit baie fasette en verskeie invalshoeke het. Susan Coetzer se Die uil in die ysbos is geen uitsondering nie. Selfvergifnis en om ander te vergewe, staan sentraal in Gracie se wroeging van dinge uit haar verlede wat sy nou met rooiwyn probeer besweer. Sy trap egter nooit in die strik dat dit in ’n blote gewroeg met ’n gelukkige einde ontaard nie.

Coetzer is bekend om haar Christelike romans, boeke met ’n boodskap waar God jou hart sag en jou gees nuut maak. Die uil in die ysbos, met sy vrolike omslag, is ’n welkome verandering waar die karakters self verantwoordelikheid neem vir hul gedrag en optrede. Dit is ’n roman wat sy plek kan volstaan op die rakke en hopelik die chicklit-etiket met ’n soetigheid vir die siel afskud.

Dit is vroeg al duidelik dat Gracie getraumatiseer is deur gebeure in die verlede en deur die loop van die roman word talle voorvalle ontbloot.

Teen die helfte van die lywige roman begin die leser verstaan wat gebeur het, en dinge maak sin.

Teen daardie tyd het hierdie leser egter al ongeduldig geraak met ’n onbeholpe karakter wat elke keer net nog ’n glas wyn skink.

Teen daardie tyd het hierdie leser egter al ongeduldig geraak met ’n onbeholpe karakter wat elke keer net nog ’n glas wyn skink.

Gracie begin met die ontrafeling van haar verlede, op aandrang van haar terapeut, by die eerste herinnering – dié van ’n dooie sywurm.

Die beelde van die sywurms word goed gebruik om haar verwerking van haar lewe te verstaan.

Die skryfstyl is maklik en heerlik humoristies. Die gebruik van sprokies en kinderverhale is funksioneel en die leser kan genot vind in Gracie se kinderverhale, wat sy self illustreer en waarmee sy haar brood en soms ’n bietjie botter verdien.

Op sigself is hierdie stories die moeite werd om in eie reg gepubliseer te word. Tog is Gracie se innerlike krag en diepte duidelik. Sy het van kleins af by haar ouma met die binne-ore geleer om haar lewe te verstaan in terme van sprokies, Griekse mitologie en veral van plante.

Net soos in Vincent Pienaar se Limerence, maak Coetzer ook gebruik van tonele uit boeke, musiek en flieks om iets uit te beeld.

Die skryfstyl is maklik en heerlik humoristies. Die gebruik van sprokies en kinderverhale is funksioneel en die leser kan genot vind in Gracie se kinderverhale.

“Sy gee ’n winter of our discontentment-snork.” En: “Die twee draai stadig om en staar na haar met diep beswaarde Vroue van Troje-gesigte.” Ook: “Onder in my whiskyglas.”

Gracie krap gedurig aan die verf van haar ou kombuistafel, asof sy gevoelens en herinneringe loskrap. Die leser kry toenemend begrip vir haar sukkelende verhouding met haar seun JJ.

Haar niggie Nina en vriendin Iris pas tough love toe om Gracie te motiveer om haar obsessies wat oorgebly het uit ’n traumatiese verlede, te bowe te kom.

Haar eks en die moontlikheid van ’n nuwe liefde help ook om haar staande te laat bly in uitdagende tye tydens die inperking.

Die verhaal speel af oor ongeveer ses maande. Menslike verdriet, wroeging, posttraumatiese stresversteuring (PTSV), tragedies, pogings om vergifnis te kry en te gee, en straf vir gewaande sondes klink na baie ernstige temas.

Coetzer benader dit egter met ’n mengsel van humor en erns. Sy gebruik lieflike beelde en kleurryke karakters.

Trisa Hugo is ’n vryskutresensent van Kleinmond.

Meer oor:  Susan Coetzer  |  Resensies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.