SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Boeke
Ruda-boek kyk na mense se stories van verandering

Die verskillende invalshoeke op die Suid-Afrikaanse werklikheid is wat Ruda Landman veral geraak het van die onderhoude met Suid-Afrikaanse bekendes in haar nuwe boek, Tell Me Your Story.

Tell Me Your Story word deur Tafelberg uitgegee.

Die boek, uitgegee deur Tafelberg, gaan oor groot oomblikke van verandering en mense soos John Kani, Marc Lottering, Anton Harber, Patricia de Lille, Esmaré Weideman, Pieter-Dirk Uys, Jonathan Shapiro (Zapiro) en Ferial Haffajee deel sulke oomblikke uit hul lewe.

Sy voer ook agterin die boek ’n onderhoud met haarself.

Andere gebeure kom ook ter sprake, soos die strokiesprentkunstenaar Zapiro wat jonk in Parys, Frankryk, op die voorstoep van die Asterix-strokiesprentkunstenaar Albert Uderzo beland het.

Anton Harber, buitengewone professor in joernalistiek aan die Universiteit van die Witwatersrand, vertel dat hy en sy vrou op aanbeveling van ’n prokureur moes trou. Hy het ’n dagvaarding ontvang om in die hof te verskyn weens sy politieke aktivisme en indien hy sou tronk toe gaan, sou sy vrou nie kon kwalifiseer as ’n besoeker as hulle nie getroud is nie.

Die satirikus Uys vertel waar sy alter ego, Evita Bezuidenhout, haar van gekry het en het jy al gewonder oor Marc Lottering se eerste aand op die verhoog?

Landman wou ’n wye verskeidenheid van mense by die boek insluit.

“Wouter Kellerman (die Grammy-bekroonde dwarsfluitspeler) was vir my seker die grootste ontdekking, want ek het nie voorheen sy musiek geken nie. Ek dink hy is ongelooflik goed met wat hy doen en dan het hy ook daardie sin vir verantwoordelikheid in sy lewe. Daardie benadering van: Oukei, die lewe het my nou hierdie hand vol kaarte gegee.

“In sy geval wou hy graag musiek swot, maar daar was nie geld nie. Toe kry hy ’n beurs vir ingenieurswese. Ag wel, ek hou baie van matesis ook, het hy gedink. Hy het alles hanteer en dit voluit aangepak.”

Landman herken ook hierdie verantwoordelikheidsin in Katlego Maboe, akteur en aanbieder van die Expresso-ontbytprogram op SABC3.

Die leser sal stellig wonder oor wat sy of hy in ’n soortgelyke situasie of posisie sou gedoen het.

Ruda Landman

Landman hou van onderhoude, om saam met iemand te sit en ’n goeie gesprek te voer en die mens te leer ken.

“Dit het eintlik so per ongeluk gekom. Ek het dit glad nie gaan soek nie. BrightRock het my genader vir hul webblad met die deurlopende tema van verandering en gevra of ek onderhoude met mense sal voer.”

Landman het gevoel die onderhoude het waardevolle inhoud meegebring en gereken ’n breër gehoor moet hiervan kennis neem.

“Die transkripsies van die onderhoude is op die internet beskikbaar en ek het ’n paar daarvan geneem, so ’n bietjie geredigeer en aan Erika Oosthuizen van Tafelberg voorgelê en gevra hoe lyk dit. Sy het onmiddellik ja gesê, kom ons doen dit.”

Die onderhoude sluit ook die vrae (wat Landman in die onderhoude gevra het) in en sy beskryf die persoon se handelinge deurgaans.

“Dis tog deel van in die gesprek en die interpretasie. As iemand sou lag of saamstem of nie.

“Ek het ’n paar keer, net om sekere goed na te gaan, weer na die onderhoude gaan kyk. Dan was ek so effens jammer dat die visuele element nie deel van die boek kan wees nie, want soms kommunikeer jy iets sonder om dit regtig uit te spel. ’n Mens kan dalk net ’n wenkbrou lig of wat ook al. Daarom wou ek hê die leser moet die persoon ervaar.”

* Die tantième van die boek se verkope gaan aan StudyTrust, ’n instelling wat studente (aan tersiêre instellings) bystaan. Besoek studytrust.org.za vir meer inligting.

* Tell Me Your Story kos R285.

Meer oor:  Tafelberg  |  Ruda Landman  |  Pieter-Dirk Uys  |  Anton Harber  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.