Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
SA skrywer met groot prys vereer
Martin Steyn. Foto: Izak de Vries

Martin Steyn, skrywer van donker misdaadfiksie soos die boeke Swartval en Donker spoor, is pas in die VSA met ’n Kirkus-ster vereer.

Luidens ’n verklaring deur Steyn se Suid-Afrikaanse uitgewer, Lapa, en Catalyst Press in Amerika het Steyn se Engelse fiksiedebuut, Dark Traces, dié Kirkus gekry.

Steyn het Donker spoor self vertaal en tot Dark Traces omskep.

“Dit is ’n enorme eer, komende van ’n tydskrif wat bekend is vir vlymskerp kritiek sedert 1933,” lui die verklaring.

In die Kirkus-resensie word Dark Traces beskryf as ’n “tense and grisly debut novel of suspense from South Africa”.

Ook: “A dark, intriguing, and satisfying tale with strong characters.”

Die storie gaan kortliks oor tienermeisies wat een na die ander verdwyn. Hulle word gemartel en gehang gevind.

Dit is op hierdie monster wat Steyn se adjudant-offisier Magson jag maak. Maar, agter hom loop ’n eie “donker spoor . . .”

Steyn het in reaksie gesê die (Kirkus) resensies is baie lekker “want die Amerikaanse resensente het geen rede om van Dark Traces te hou buiten die storie en karakters nie”.

“Dis nie soos Suid-Afrikaners wat genot daaruit kry om byvoorbeeld Durbanville te herken en ’n polisiestorie in Afrikaans te lees nie. Daar is geen sulke gevoelens by die Amerikaanse resensente nie.

“En die Engelse mark is soveel groter, dis nie eens vergelykbaar nie. Kan jy dink hoeveel speurromans in ’n jaar op hulle tafels moet beland? En dan is daar name soos Michael Connelly voorop.

“Net die feit dat die boek hulle nie verveel het nie, is klaar ’n kompliment. Dat hulle by ou Mags aanklank gevind het, is absoluut heerlik.

“En dat Kirkus dit boonop ’n ster gegee het, wel, dis ’n sjampanje-oomblik.”

Kirkus gee jaarliks ’n baie groot prys van $50 000.

Boeke, soos Steyn s’n wat ’n ster kry, kom outomaties in aanmerking vir hierdie prys, wat beteken Dark Traces ding nou mee om die Kirkus-prys vir 2018.

Lees die Kirkus-resensie hier.

Meer oor:  Skrywer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.