Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
KYK: SA skrywers deel boodskap van hoop in video

’n Paar weke gelede het Covid-19 ver gevoel en ’n moontlike staat van inperking, soos wat pres. Cyril Ramaphosa Maandagaand afgekondig het, onwaarskynlik.

Nou gaan dit Donderdag om middernag ’n werklikheid word.

Die skrywer Marion Erskine het vroeër ’n paar Afrikaanse skrywers gevra om mense aan te moedig om op video hul boodskap van hoop te deel. Die uiteinde is dat skrywers soos Marita van der Vyver, Nadia de Kock en Chanette Paul uit hul huise op video gesels.

Erskine meen vir introverte is die afsondering makliker, maar dis egter ekstroverte wat daarmee sukkel.

“Dit is ongekend, ons is nie hierop voorbereid nie en ons weet nie hoe lank dit gaan duur nie. Saam met die onsekerheid is mense se vrees.”

Daarom het hy uit die Verenigde Arabiese Emirate, waar hy werk, na plaaslike skrywers uitgereik om saam met hom aan die saamgestelde video te werk.

Dit is ongekend, ons is nie hierop voorbereid nie en ons weet nie hoe lank dit gaan duur nie. Saam met die onsekerheid is mense se vrees.
Marion Erskine

“Ek het hulle genader omdat hulle die mense is met stemme. Lesers vertrou hulle en verwelkom hulle in hul binnekamers. Daarom moes hulle verwoord hoe hulle voel en hul lesers bemoedig. Ek wou gewone video’s van gewone mense in hul gewone huise hê. Mense soos ek en jy. Geen beligting of grimering nie.”

Die video’s het ingestroom en hy het dit saamgestel. “Daar was meer mense wat deel daarvan wou wees, maar ek moes hokaai roep.”

Hy glo dit sal help. “Ons almal is in dieselfde bootjie. Ek wou hê dat hulle mense ’n bietjie hoop gee, en mense daarbuite vertel dat hulle ook onseker en bang is. Die krag lê in getalle, al staan ons (ver) weg van mekaar.”

Erskine voel die isolasie. Hy werk in die kernkragaanleg in Al Roewais, sowat 200 km van Abu Dhabi.

“Ons woon hier in ’n soort kompleks. Ek en baie Suid-Afrikaners voel vasgevang omdat die grense gesluit is. ’n Mens wil graag by jou mense uitkom as iets met hulle gebeur. Tog luister ons en kom die wetgewing na. So bly die kurwe plat en word die gesondheidsdienste hier nie oorlaai nie.”

Erskine is ’n skrywer bekend om die jeugromans Vlerke vir almal en Donatello en Volksie. Verskeie radiodramas, waaronder Akwarius, Siembamba en As die donker die son insluk, het ook uit sy pen verskyn.

Meer oor:  Marita Van Der Vyver  |  Bettina Wyngaard  |  Erns Grundling  |  Boeke  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.