Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Sala vereer beste skrywers
Nicole Jaekel Strauss

Vier Afrikaanse skrywers was Dinsdagaand onder die bekroondes in Pretoria by die South African Literary Awards (Sala).

Die pryse, wat tydens ’n funksie by Unisa oorhandig is, vier jaarliks die beste van die Suid-Afrikaanse literêre landskap.

In ’n splinternuwe kategorie vir kinderliteratuur het die skrywer Jaco Jacobs gesamentlik met Marilyn Honikman met die louere weggeloop. Twee van Jacobs se boeke, Daar is nie ’n krokodil in hierdie boek nie en Moenie hierdie boek eet nie, albei van Lapa Uitgewers, het die beoordelaars beïndruk.

In nog ’n nuwe kategorie het Dan Sleigh gewen met sy meesterlike historiese fiksie-roman 1795 (Tafelberg).

In die gesogte Nadine Gordimer-kortverhaalkategorie het Nicole Jaekel Strauss die podium met Nick Mulgrew gedeel. Strauss vir haar boek As in die mond (Queillerie) en Mulgrew vir The First Law of Sadness (David Philip Publishers).

In die afdeling waar mense vir hul lewenswerk bekroon word, is Hermann Giliomee en Ronnie Kasrils gesamentlik vereer.

Twee postuum-toekennings, ook vir hul lewenswerk, is aan Leon Rousseau en SM Mofokeng gemaak.

Die volledige lys wenners is:

Debutante

Malebo Sephodi, Miss Behave.

Kreatiewe niefiksie

Jürgen Schadeberg, The Way I See It.

Poësie

Kelwyn Sole, Walking, Falling.

Toekenning vir vertaling

Jeff Opland & Peter Mtuze, Umoya Wembongi: Collected Poems 1922 – 1935) by John Solilo.

Jeff Opland & Peter Mtuze, Iziganeko Zesizwe: Occasional Poems (1900-1943) by S.E.K. Mqhayi.

Dan Sleigh

Nadine Gordimer-kortverhaalprys

Nick Mulgrew, The First Law of Sadness.

Nicole Jaekel Strauss, As in die mond.

Jaco Jacobs

Romanprys

Dan Sleigh, 1795.

Kinder- en jeugfiksie

Marilyn J Honikman, There Should Have been Five.

Jaco Jacobs, Daar is nie ’n krokodil in hierdie boek nie en Moenie hierdie boek eet nie.

Postuum (vir lewenswerk)

Leon Rousseau

SM Mofokeng

Literêre Joernalistiek

Sam Mathe vir sy korpus werk

Lewenswerk

Hermann Giliomee

Ronnie Kasrils

Voorsittersprys

Peter Magubane vir sy korpus werk.

Hofdigtersprys (“National Poet Laureate”)

Mongane Wally Serote vir sy korpus werk.

Meer oor:  Jaco Jacobs  |  Letterkunde  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.