Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
SA’ners vier Erfenisdag in Nederland

Biltong-quiche, rooibostee en Suid-Afrikaanse skrywers.

Dís hoe Suid-Afrikaners Dinsdag Erfenisdag in Amsterdam gevier het.

Meer as 20 Suid-Afrikaners het by Zuid-Afrika-huis in Amsterdam saamgetrek om behoorlik ’n eg Suid-Afrikaanse Erfenisdag te vier en ook om net weer land en sand in Afrikaans te praat.

Suid-Afrikaners in Nederland vier Erfenisdag by ZA-huis in Amsterdam saam met die skrywers Riana Scheepers, Karin Brynard en Valda Jansen. Foto: Johann Maarman

Drie bekroonde romanskrywers, Riana Scheepers, Karin Brynard en Valda Jansen, was onder die gaste wat die oggendtee bygewoon het. Dié drie skrywers asook Eben Venter, Pieter Odendaal en die musikante Frazer en Deniel Barry maak deel uit van die Week van die Afrikaanse Roman-vieringe in Nederland.

Scheepers het die Suid-Afrikaners geboei met haar vertellinge oor haar nuutste boek en hoe dit haar tien jaar geneem het om die boek klaar te skryf. Scheepers het uitgewei oor hoe die Boesman se kultuur en tradisies ’n prominente rol in haar boek speel.

“Tot in 1925 is daar nog toestemming gegee dat Boesmans gejag kan word. Wat ’n tragiese verhaal in ons geskiedenis, maar hulle het ten spyte van al die aanslae op hulle steeds oorleef.”

Leoné de Beer, ’n Suid-Afrikaner wat al 20 jaar in Nederland woon, het gesê: “Vanoggend was soos ’n tuiskoms tussen mense wat my taal praat en wat praat oor die geskiedenis waar ons vandaan kom.

“Die warmte en hartlikheid waarmee Riana met ons gepraat het, het aan my hart geraak en het baie meer Suid-Afrikaans gevoel as ander dae.”

Wilna Swanepoel, ’n verpleegkundige, het al die pad uit Den Haag na Amsterdam gereis om die byeenkoms by te woon.

“Dit was my eerste keer in ZA-huis en was ’n besonderse ervaring. Riana vat jou met haar nuutste boek, Stormkind, terug na jou kinderjare. Dit was werklik ’n oggend om te onthou.

“Hoewel ek al ’n paar jaar in Nederland woon, staan ek nog met my een voet in Suid-Afrika. Maar ek beleef nou die beste van albei wêrelde.”

Liezel Claubetz wat Suid-Afrika twee jaar gelede vir Nederland verruil het, het gesê dit was ’n voorreg om in die geselskap van Scheepers te wees.

“Sy is vir seker een van Suid-Afrika se geliefste skrywers en om te luister na haar diep storie en haar egtheid was vir my besonders. Ek het vanoggend so na aan Suid-Afrika gevoel hoewel ek ver van die huis is.”

Meer oor:  Amsterdam  |  Nederland  |  Erfenisdag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.