Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Schaffer ‘skroomvallig’ oor prys vir jongste digbundel

Die Arubaans-Nederlands-Suid-Afrikaanse digter dr. Alfred Schaffer voel “effens skroomvallig” nadat hy onlangs die Vlaamse Herman de Coninck-prys vir poësie vir sy bundel wie was ik: strafregels gekry het. 

“Hoewel dit ook verblydend is. Ek voel baie geëerd en is weer eens verras. Maar ’n mens skryf omdat jy iets wil sê, omdat jy met vorme en taal en beelde wil werk.”

Dr. Alfred Schaffer Foto: Liza de Rijk

Dié bundel skets sy die lewe van sy ma, ’n swart vrou wat na Nederland geëmigreer het.

“Die Herman de Coninck-prys is wel vir my baie besonders omdat dit vir ’n boek is oor die lewe van ’n jong swart vrou wat in aanraking kom met haarself en met die wit medemense en die soms vooringenome opinies. En ek is baie ingenome met die jurieverslag.”

Die prys is genoem na die Vlaamse digter, essayis, joernalis en tydskrifuitgewer wat in 1997 oorlede is.

Dit word toegeken aan digters wat in Nederlands publiseer en beloop €7 500.

Oor die prys sê Schaffer: “Jy wonder: Moes iemand anders nie bekroon word nie, is my werk ’n prys waardig? Hoe vergelyk jy ’n goeie digbundel met ’n ander goeie digbundel?”

Hy glo ’n mens wil ook jouself met jou skryfwerk verras.

“Omdat jy hou van die verkenning van grense en onbekende mentale gebiede – nou ja, sulke soort dinge. Veral omdat jy iets moet sê, omdat dit noodsaaklik is. Dit is iets baie intiems.”

Schaffer, oorspronklik van Nederland en wat sedert 2011 aan die Universiteit Stellenbosch (US) se departement Afrikaans en Nederlands verbonde is, het in Desember die P.C. Hooft-prys – die grootste Nederlandse letterkundeprys – ontvang.

Die oorhandiging is weens die Covid-19-pandemie tot 23 September uitgestel.

‘wie was ik: strafregels’ deur Alfred Schaffer.

Schaffer het in verskeie lande gewoon en verskillende beroepe gevolg, “maar die skryf bly ’n konstante faktor. Ek weet nie of dit beteken dat digterskap my identiteit gee nie, maar skryf is wel ’n manier om myself en die wêrelde en lewens van ander te verbeel en te voorsien van ’n kortstondige identiteit.”

Hy dig nie elke dag nie – soms nie eens elke week of maand nie.

Sedert wie was ik: strafregels verlede jaar uitgereik is, het hy nog net een lang gedig in opdrag geskryf.

Hy het gewerk aan die vertaling van Ronelda Kamfer se digbundel Chinatown, wat eersdaags in Nederlands uitgereik word.

“Verder het die akademiese werk al my aandag vereis. Die ‘strafregels’ verwys onder meer na die denke oor identiteit, na die skryf oor iets wat jy voel jy moet doen, maar waarvan jy ook voel dat jy dit net verkeerd kan doen – die moeilikste was: Doen ek reg aan my oorlede ouers en suster? Is ek nie ’n verraaier nie? Vandaar die ondertitel, saam met die uitroep ‘wie was ek’ van die verbeelde ma.”

Die openingsgedig in die bundel:

MIRA AKÍ!

ik kan niet slapen

ijzig nachtlicht houdt mij wakker.

    

klim ik uit bed loop in het pikkedonker naar de keuken.

beer onder mijn arm geklemd.

    

hel schijnsel en twee schaduwen achter het aanrecht.

    

een witte schaduw en een zwarte.

bezig aan de afwas.

    

lieve jongen ben je wakker

schrikt de witte.

     

kom eens hier kun je alweer niet slapen

spreekt de zwarte.

         

ik droomde dat ik jullie in mijn eentje moest begraven

zeg ik niet terwijl ik in mijn ogen wrijf.

         

klopt toch ook we zijn morsdood

er is niets aan de hand

             

ga maar weer lekker slapen.

Meer oor:  Poësie  |  Boeke  |  Skrywers  |  Digters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.