Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Seks-memoires laat die oë rek

Memoires

Seks, leuens en die internet

Erla-Mari Diedericks

WENKBROU, R280

Op die voorblad van Erla-Mari Diedericks se jongste aflewering pronk ’n verlepte roos, ’n stomp piesang en ’n Madonna-agtige korset wat nie so stomp soos die piesang-illustrasie is nie.

Die woord seks vang dadelik die oog en met rede. Diedericks hóú van seks, maar Seks, leuens en die internet gaan nie net oor seks nie.

Diedericks skryf breedvoerig oor haar ervarings met aanlyn afsprake en die voor- en nadele van jou sielsgenoot soek in jou 50’s.

Seks, leuens en die internet verskyn onder Lapa se Wenkbrou-druknaam en dit gaan ongetwyfeld ’n paar wenkbroue laat lig.

Dit is verfrissend om te lees dat ’n vrou eerlik is oor seks en oor hoe onseker die ouderdom ’n vrou kan maak oor haar liggaam.

Dit is verfrissend om te lees dat ’n vrou eerlik is oor seks en oor hoe onseker die ouderdom ’n vrou kan maak oor haar liggaam. Dit is ook verfrissend om ’n affair te sien afspeel vanuit ’n vrou se perspektief.

Daar word oor die hartseer en die finansiële verwoesting van ’n middelklas-egskeiding en die verbrokkeling van ’n langtermyn-verhouding ook nie doekies omgedraai nie. Die wêreld wat vir Diedericks oopgaan wanneer sy op soek gaan vir haar ware sielsgenoot, sorg vir hardop-lag-oomblikke.

Die boek val egter soms vas in geykte romantiese clichés, soos die aanhoudende gesprekke tussen Hart en Brein. Die vraag word gevra wie tussen dié twee as wenner uit die stryd gaan tree. Dit sou dalk beter wees as Lende ook ’n stem in die boek gehad het. Daar is ook die teenstrydigheid van Diedericks wat meen sy “moet boet vir haar jagsheid”, maar in ander oomblikke is dit weer so duidelik dat Diedericks ’n vrou is wat wil en kan jag.

Die boek lees soos memoires, seks-memoires, oor ’n vrou wat op 50 vir die eerste keer eerlik met haarself kan wees, ná herhaalde mislukte verhoudings. Steeds hang haar soeke na ’n sielsgenoot oor elke sin en elke hoofstuk.

Lourensa Eckard is ’n verslaggewer en aanbieder van kykNET Verslag.

Meer oor:  Erla-Mari Diedericks  |  Seks  |  Resensies  |  Boeke  |  Leuens En Die Internet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.