Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Shamsie wen Baileys-prys

Die wenner van vanjaar se Baileys-prys vir vroueskrywers (voorheen bekend as die Orange) is Kamila Shamsie. Haar wenroman, Home Fire, was ook op 2017 se langlys vir die Man Booker-prys en op die kortlys vir die Costa-romanprys.

Shamsie is ’n Pakistani van geboorte wat sedert die 90’s in Londen woon. Sy het twee jaar voordat sy ’n Britse burger geword het aan die roman begin werk.

Kamila Shamsie

Dit het haar, volgens The Guardian, goeie insig gegee in die proses van burgerskap en hoe maklik dinge vir die aansoeker verkeerd kan loop. Sy het gesê elke keer wanneer sy ’n vorm moes invul, was sy bang dat sy haar merkie in die verkeerde blokkie maak.

Die prys is Woensdag in die Bedford Square Gardens in Bloomsbury aan Shamsie oorhandig. Dit is die 23ste keer dat die prys toegeken word.

Die ander skrywers op die kortlys was The Idiot deur Elif Batuman, The Mermaid and Mrs. Hancock deur Imogen Hermes Gowar, Sight deur Jessie Greengrass, When I Hit You: Or, A Portrait of the Writer as a Young Wife deur Meena Kandasamy en Sing, Unburied, Sing deur Jesmyn Ward.

Shamsie se Home Fire verwerk Sofokles se tragedie Antigone om die verhaal van ’n Britse Moslem-gesin se verbintenis met die Islamitiese Staat (IS) te vertel.

John Boyne, boekresensent van The Irish Times, het dit beskryf as ’n uitdagende werk deur ’n baie dapper skrywer wat besef dat die blaam vir gebeure nie op een groep geplaas kan word nie.

Die Griekse tragedie waarop Home Fire gebaseer is, vertel die verhaal van ’n prinses wat gedwing word om te kies tussen gehoorsaamheid aan die koning (haar oom) of om haar broer, wie se lyk gelaat lê is om te verrot as straf vir die oorlog teen die koninkryk van Thebes, te begrawe.

In Shamsie se roman staan Aneeka in die plek van Antigone. Sy is een van drie Moslem-sibbe wie se tweelingbroer in die geheim na Sirië gaan om die Islamitiese Staat se vegters in Raqqa (in Sirië) te verfilm. Haar ouer suster gee hom by die polisie aan, maar Aneeka loods ’n veldtog om haar getraumatiseerde broer weer in Engeland terug te kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.