Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Siekte ‘het Kalmer met dringendheid laat werk’

Die skrywer Harry Kalmer, wat Vrydag aan keelkanker dood is, het ’n ironiese laggie oor sy roman En die lekkerste deel van dood wees gehad, onthou Melt Myburgh van Penguin.

Penguin het sy laaste roman, In ’n land sonder voëls, uitgegee.

Penguin het ook die Engelse vertaling van sy boek ’n Duisend stories oor Johannesburg uitgereik wat in Engels met die Barry Ronge-fiksieprys bekroon is.

Harry Kalmer. Foto: Hannelie Coetzee

Kalmer, wat in Johannesburg gewoon het en voorheen ook by die AAA-advertensieskool in Randburg in kopieskryf klas gegee het, was getroud met Sanpat Hattingh.

Hulle het twee kinders, Daniel en Jana.

Myburgh onthou dat Kalmer sy romans X-Ray Visagie en die vingers van God en Die man met die dertien kinders as van sy beste werk beskou het. Die man met die dertien kinders het ook as radioverhaal die lig gesien.

Kanker is in 2018 by hom gediagnoseer.

“Dit was vir my skielik, al het ek dit geweet,” sê die visuele kunstenaar Hannelie Coetzee wat saam met hom die lapboek Die agste plaag uitgegee het wat vanjaar op die US Woordfees in Stellenbosch bekend gestel is. Die boek is saam met ’n vrouehandwerkkring in Hillbrow gemaak. Die boek huldig ’n fiktiewe Hollandse skoolmeester wat in die Anglo-Boereoorlog aan die kant van die boere geveg het.

“Dit was sy idee, maar het hy respek gehad vir wat ek doen. Dit was regtig deel van sy persona om saam met iemand iets te skep en oop vir voorstelle te wees. Hy was ’n baie spesiale kunstenaar. Dit was sy Nuwejaars-brainwave in 2018 en verlede jaar het ons in die winter bier gaan drink en daaroor begin praat.”

asd asd as
Harry Kalmer. Foto: Facebook

Die akteur Marcel van Heerden, ’n goeie vriend van Kalmer, onthou dat Kalmer hom in die 1980’s genader het oor ’n toneelstuk.

“Hy het toe nog vir die spoorweg gewerk,” sê Van Heerden.

“Ek moes na Namibië gaan vir werk, maar ek het hom na Jacqui Singer verwys. Sy was die regisseur van sy stuk Bloed in die strate. Dit is vir my ’n groot kompliment dat hy altyd gesê het ek het hom gehelp om in teater te kom. Maar ek voel ’n baie persoonlike verlies. Ons was huisvriende en ons seuns was saam in die klas.”

Van Heerden het later Kalmer se Hartland geregisseer.

Hy het ook in 2017 op die US Woordfees in Kalmer se stuk Weg opgetree.

“Dit was vir my groot kompliment dat hy dit vir my geskryf het. Ek het geweldig baie respek vir hom as skrywer gehad. Ek is bly dat toe hy siek geword het, daar ’n dringendheid by hom ingeskop het om aan te hou werk.”

Die akteur David Butler het die rol van die anti-apartheidsaktivis Bram Fischer in Kalmer se toneelstuk Die Bram Fischer Wals/The Bram Fischer Waltz, vertolk.

“Dit was ’n reis saam met Harry,” sê Butler.

“Ons is ook bevriend en in 2011 het hy my vertel van ’n idee wat hy het. Daar was nie ’n teks nie, maar omdat dit Harry is, het ek dadelik ja gesê en ’n paar maande later was daar ’n teks. Ons het by my huis gerepeteer. Ek het hom as ’n skrywer vertrou. Daar was ’n short hand tussen ons.”

Die stuk het in 2012 op die Vrystaat Kunstefees (toe die Vryfees) in Bloemfontein gedebuteer.

“Ek onthou dat ek sy boek A Thousand Tales of Johannesburg gelees het en vir hom vertel het hoe goed die boek is. Eers daarna is die boek bekroon. Harry het ewe gesê dat dit vir hom ’n groot kompliment is komende van my. Hy was ’n goeie skrywer, en ek is dankbaar dat ek dit vir hom kon sê.”

Meer oor:  Harry Kalmer  |  Sterfgeval  |  Skrywer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.