Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
SJ Naudé vir 2 kykNET-Rapportpryse benoem
Foto:

Die skrywer SJ Naudé spog met twee benoemings vir die KykNET-Rapport boekpryse. Sy tweede roman Die derde spoel is vir die kykNET-Rapportprys vir romans en die Jan Rabie-Rapportprys vir debuut of tweede fiksiewerk.

Die prysgeld is vanjaar verhoog en beloop nou R250 000 elk vir die kykNET-Rapportprys vir romans en niefiksie, R125 000 vir die kykNET-Rapport-rolprentprys, en R125 000 vir die Jan Rabie-Rapportprys.

“Die verhoogde prysgeld gee welverdiende erkenning aan skrywers in Afrikaans wat die pols van die tydvak meet, dit registreer, en die leser die woorde gee om eie ervarings daaraan te meet en te verstaan,” sê Hettie Scholtz, die sameroeper van die kykNET-Rapportpryse.

Die kortlyste vir 2018 is, in alfabetiese volgorde:

Gerda Taljaard

kykNET-Rapportprys: Fiksie (Romans)

Die derde spoel, SJ Naudé (Umuzi)

Die wêreld van Charlie Oeng, Etienne van Heerden (Tafelberg)

Groen soos die hemel daarbo, Eben Venter (Tafelberg)

kykNET-Rapportprys: Nie-fiksie

Spertyd, Elsa Joubert (Tafelberg)

Geloof alleen, André Pretorius (Naledi)

Op pad: ’n Reisjoernaal, Dana Snyman (Tafelberg)

Elsa Joubert

kykNET-Rapportprys: Rolprent

Blou is nie ’n kleur nie, Carin Krahtz (Tafelberg)

Die laksman se dogter, Gerda Taljaard (Penguin)

Kamikaze, Rudie van Rensburg (Queillerie)

Jan Rabie-Rapportprys: Romans, Novelles en Kortverhale

As in die mond, Nicole Jaekel Strauss (Queillerie)

Die derde spoel, SJ Naudé (Umuzi)

Rooi haring, Schalk Schoombie (Human & Rousseau)

Die kortlyste vir die kykNET-Rapportpryse vir die beste Afrikaanse resensie oor Afrikaanse fiksie en niefiksie word binnekort uitgereik.

Die wenners word op 22 September in Kaapstad bekendgemaak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.