Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
KYK WEER! Die nuwe Tesourus van Afrikaans word bekend gestel

Pharos Woordeboeke, ’n druknaam van NB-Uitgewers, stel die Tesourus van Afrikaans bekend – die enigste volwaardige tesourus in Afrikaans wat die eerste keer sedert 1994 bygewerk is. En rapper HemelBesem neem taalliefhebbers van A tot Z deur die nuwe Tesourus van Afrikaans, ’n unieke skatkis vir die taal.

Die Tesourus van Afrikaans is ’n woordvriend soos min – of jy nou ’n student is of ’n joernalis, ’n e-pos wil skryf of ’n roman of sommer net lief is vir woorde. Dit is ’n opwindende hulpbron vir elkeen wat doeltreffend in Afrikaans wil kommunikeer en help taalgebruikers reeds sedert 1994 om die juiste Afrikaanse woord vir die tyd, plek en oomblik te vind.

Die heruitgawe van die Tesourus van Afrikaans spog met Pharos Woordeboeke se nuwe oranje voorkoms en ’n netjiese, moderne uitleg.

VINNIGE FEITE OOR DIE NUWE TESOURUS VAN AFRIKAANS:

* Dit is omvattend met meer as 140 000 woorde en uitdrukkings wat in 855 betekenisvelde gerangskik is.

* Dit bevat meer as 20 000 nuwe inskrywings, waaronder sleng, woorde van die gebruiksvariëteite van Afrikaans en woorde wat ontwikkelings in die samelewing en tegnologie weerspieël. Jy kan nou sinonieme en ander aanverwante woorde soek vir terme soos cool, sharp, newer, komvandaan, emotikon, kuberkraker, ekovriendelik, grendeltyd en vele meer.

* Die Afrikaanse skatkis is in al sy vorms verruim, nie net in gedrukte formaat nie, maar ook digitaal, by PharosAanlyn. “Dit stel die skrywers en uitgewer in staat om die Tesourus van Afrikaans in die toekoms gereeld by te werk soos Afrikaans bly groei en groei.”

Die skrywers, Leon en Amanda de Stadler, meen Afrikaans staan beslis nie stil nie. Hulle werk reeds aan nog opwindende projekte wat ook deur Pharos Woordeboeke uitgegee sal word.

Leon en Amanda de Stadler is die samestellers van Pharos se nuwe Tesourus van Afrikaans. (Foto: Verskaf)
HemelBesem
HemelBesem (Foto: Alberto Pepler)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.