Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Skryf is sy ontspanning - Duane Aslett
Duane Aslett

Sy passie is misdaadbekamping en skryf sy terapie; die logiese gevolg, ’n misdaadroman. Daar is egter veel meer aan Duane Aslett as net dit.

Sy tweede roman, Goudduiwel, het pas verskyn met dieselfde karakters as in sy debuut, Skoppensboer, maar gewikkel in ’n nuwe stryd teen die korrupte magte van die onderwêreld.

Goudduiwel word oor twee weke in die Boeke-oase op Aardklop bekend gestel, daar in Potchefstroom waar dié skrywer se heeltydse nering ’n senior lektor in forensiese rekeningkunde aan die Noordwes-Universiteit is.

Aslett het sy loopbaan in die Suid-Afrikaanse Polisiediens begin, maar glo hy lewer ’n groter bydrae tot die bekamping van georganiseerde misdaad deur te help om elke jaar 20 of 30 forensiese rekeningkundiges die land in te stuur.

In Goudduiwel is dit agent Rex Reynecke wat die taak “namens” Aslett uitvoer.

Rex lei ? ondersoek vir die Valke nadat sy meisie se broer, ’n hoofverdagte in ’n moordsaak, verdwyn, gebeure wat blykbaar verband hou met die vaslê van die Krugermiljoene. Net soos in Skoppensboer moet Rex ’n netwerk van opperste skurke infiltreer. Dit lei tot wilde jaagtogte op stofpaaie so ver as Skukuza.

Aslett sê “die uitdaging van die boek was om die moderne storielyn net so interessant te hou soos die feitelike deel oor die Anglo-Boereoorlog en sy legendariese Krugermiljoene.

Goudduiwel het egter makliker gevloei as Skoppensboer. Ek verstaan karakterontwikkeling en die verwagtinge van romanskryf nou beter.”

Dié skrywer-akademikus, wat in Oos-Londen grootgeword en aan die Afrikaanse Hoërskool Grens gematrikuleer het, sê sy groot begeerte was om ’n vlieënier te word. Toe hy nie die keuring slaag nie, het hy nie ’n benul gehad wat om te doen nie.

’n Familievriend was by die polisie en hy is agter dié aan polisiekollege toe. Sy mikpunt was die intelligensiediens maar daarvoor moes jy gegradueer wees en toe begin hy studeer. Hy verwerf ’n B.Juris deur Unisa, word ’n aanklaer, werk in PWC se forensiese afdeling, verwerf ’n meestersgraad in die regte en op die koop toe ’n meestersgraad in teologie.

Sy skryflus is op skool geprikkel deur ’n inspirerende Engels-onderwyser, maar saam met jare se studies en tussendeur ook vrou-vat was tyd vir skryf skraal – tot 2013 toe hy kans gehad het om twee kortverhale vir Huisgenoot te stuur waarvan Stropers opgeneem is in ’n bundel verhale uit die argief wat gister verskyn het. Skoppensboer is toe sommer ook gebore.

Aslett sê sy derde roman neem al vorm aan “maar word nou op ys geplaas sodat hy oor twee maande sy LL.D-verhandeling kan inhandig.

  • Terwyl sy vrou, Tammy, met haar band Synergy optree, en die res van die mensdom naweke en vakansies hou, skryf Duane. “Dis wat ek vir ontspanning doen.”Goudduiwel(Queillerie) word op 5 Oktober om 14:00 in die Boeke-oase op Aardklop bekend gestel. Thys Human sal met Duane Aslett gesprek voer.

Meer oor:  Kunstefees  |  Skrywer  |  Aardklop  |  Suid-Afrika  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.